Wat jou sterre die naweek voorspel met Joanne Moore

SATERDAG

JOU DAG

Die Weegskaal-maan skep goeie omstandighede vir kameraadskap en samewerking.

AS JY VANDAG VERJAAR

Werk in 2016 slimmer eerder as harder en maak tyd vir gereelde ontspanning en gesinspret.

SONDAG

JOU DAG

Probeer om ’n ingewikkelde situasie van albei kante te beskou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Wanneer jy by iets betrokke raak, gee jy 100%. Probeer om in 2016 minder koppig en meer buigsaam te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met die maan en magtige Mars, jou heersende planeet, nou in die kalm Weegskaal se teken is dit tyd om van ’n rumoerige Ram na ’n sagte lammetjie te verander. Die fokus is ook op deernis en kreatiwiteit.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy voel die naweek dalk verstandelik en liggaamlik traag. Dalk moet jy meer gemotiveerd wees met jou oefenroetine? Dis nou die tyd om gesonde gewoontes vir 2016 te vestig.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is vol idees, maar die uitdaging is om jou verpligtinge na te kom. As jy ’n belofte maak, moet jy dit nakom. As jy ’n doelwit stel, moet jy werk om dit te bereik. Bowenal moet jy klaarmaak waarmee jy begin het.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verhoudings is die naweek ingewikkeld en daar kan spanning tussen professionele en persoonlike verhoudings wees. Die hoofelement wat sal help om probleme op te los is kompromieë.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met Mercurius, die planeet van kommunikasie, wat deur jou verhoudingsone beweeg, is dit tyd om te begin praat – regtig te praat – met jou naastes en geliefdes. ’n Konstante verbintenis is die sleutel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Daar is die naweek wrywing of verrassings wat met geld te doen het. Met proaktiewe Mars wat jou kontantsone aktiveer, is dit tyd om deur te druk en geldelike probleme op te los.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Weegskale hou daarvan om aan hulself uiting te gee, maar jou kreatiwiteit is die naweek beperk. Jy ervaar ’n selfvertrouekrisis en twyfel aan jou talente. ’n Betroubare, geliefde vriend sal jou met wyse woorde die versekering gee wat jy nodig het.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jou kompulsiwiteit werk die naweek waarskynlik oortyd en jy verwag 100% werkverrigting van jouself en ander. Party mense sal jou obsessiwiteit glad nie waardeer nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Verhouding met ’n kind, tiener of vriend kan getoets word wanneer jy ontdek wat hul ware agenda is. Kompromieë is nodig – aan albei kante – as jy wil hê sake moet in ’n positiewe rigting beweeg.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

’n Gefrustreerde gesinslid ontstel jou emosioneel. Koel af en lê selfbeheersing aan die dag anders sal jy waarskynlik oorreageer en die probleem vererger.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Berei jou voor op ’n besige en produktiewe naweek waar jy sal probeer om soveel moontlik te doen. Dis ’n gepaste tyd om jou geldsake uit te sorteer, maar moenie alles opmors deur haastig te wees nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie die krag van slim verbintenisse onderskat nie! Met Venus in jou loopbaansone is dit ’n wonderlike naweek om saam met kollegas te kuier, jou portuurgroep uit te brei en nuwe verbintenisse op te bou.