Hier is wat jou sterre vir die naweek voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Hoe meer jy vandag ander mense help en ondersteun, hoe beter gaan jy voel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou opregtheid en idealisme trek ander mense na jou toe aan. Verander jou drome vanjaar in produktiewe projekte.

SONDAG

JOU DAG

Die Waterdraer-maan laat onafhanklikheid en innovasie vandag gunstig lyk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou leuse vir vanjaar kom van nog ’n Ram, Erich Fromm: “Daar kan geen ware vryheid wees sonder die vryheid om te misluk nie.”

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die naweek se sterre vuur jou geesdrif aan. Jou leuse kom van Emile Zola (ook ’n Ram): “As jy my vra wat ek in die hierdie lewe kom doen het, sal ek jou vertel. Ek het gekom om myself luidkeels uit te leef.”

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit is die volmaakte naweek om sosiaal te verkeer, ’n bietjie te rus en te ontspan. Jy het tyd nodig vir stille nadenke, waar jy kan besin oor waarheen jy op pad is en waar jy al was.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Venus, die gelukbringer, seën professionele en vrywillige projekte. Hoe meer jy jou onderhandelingsvermoë benut, hoe suksesvoller sal jy wees. Moenie toelaat dat verskuilde selfvertwyfeling jou terughou nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy op jou voorgevoelens reageer, kan jy dalk ’n vriend of familielid help wat ’n bietjie teenspoed ervaar. ’n Bietjie Kreef-meegevoel en -leiding is dalk presies wat die dokter voorgeskryf het.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hoe meer pret jy in verhoudings insit, hoe beter gaan die naweek raak. Soek na bykomende maniere om meer skop in jou lewe te sit; of dit nou is deur ’n nuwe, uitdagende stokperdjie of die vooruitsig van ’n opwindende reis.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Hierdie naweek is die fokus op familie en vriende. Jy soek maniere om meer behulpsaam en van nut te wees. Jy het tans baie hooi op jou vurk, maar jy hoef nie noodwendig harder te werk nie; net slimmer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die planete raak romanties in jou vriendskapsone, dus wentel alles die naweek om liefde. Enkellopende Weegskale kan gerus innoverend en avontuurlustig wees. Die liefde lê jou voor op plekke waar jy dit die minste verwag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Uitgeslape Skerpioene is ywerig om voort te gaan met ’n gemeenskapsonderneming of persoonlike projek, maar maak seker jy deurdink alles behoorlik voor jy voortgaan. ’n Paar belangrike verstellings sal gedoen moet word.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Energie, geesdrif en kreatiwiteit is aan die brand die naweek. Maak seker jy wend jou talente goed aan. Sport, stokperdjies, vermaak, kreatiewe en selfdoenprojekte lyk gunstig.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Neem jou tyd om werklik te luister na wat ’n geliefde sê. Jy sal ’n situasie in ’n heeltemal nuwe perspektief sien. Meer moontlikhede bestaan as wat jy voorheen gedink het.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou hoop, drome en wense kan dalk vergesog klink, aangesien Saturnus alles vertraag. Moenie obsessief raak oor die verlede nie. Kyk na die toekoms met passie, doelgerigtheid en hope geduld.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met Venus, die plesierplaneet, wat jou teken besoek, kom jou aanhaling vir die week van Doris Day, ook ’n Ram: “Ek hou van vreugde: ek wil jubel . . . ek hou daarvan om gelukkig te wees. Ek wil ander mense gelukkig maak.”