Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Saturnus beweeg deur die Boogskutter-teken tot Desember 2017.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is die tyd om te eksperimenteer – persoonlik en professioneel. Selfvertroue sal jou ver neem.

SONDAG

JOU DAG

Jou kop en hart is vandag ’n suksesvolle kombinasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gebore om sake te bestuur. As jy georganiseerdheid en avontuurlustigheid kan balanseer, sal dit vir jou ’n suksesvolle jaar wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met Saturnus se ligging kan jy die volgende twee jaar baie oor vreemde kulture en veraf plekke leer. Jy is rusteloos en gretig om so gou moontlik te begin navors, beplan en spaar.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Verwag jy om geld in jou bankrekening te kry? Daar sal vertragings wees omdat Saturnus geldelike transaksies vertraag. Jy kan dalk onvoorsiene uitgawes hê.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Saturnus skuif terug in jou verhoudingsone. Soek slim maniere om in die volgende twee jaar jou romantiese, platoniese en sakeverhoudings te verbeter.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met Saturnus terug in jou welstandsone probeer jy om verantwoordelikheid vir jou gesondheid en fiksheid te aanvaar. Hoe meer gedissiplineerd jy met jou eetplan en oefenroetine is, hoe gesonder sal jy wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Saturnus sal jou wys hoe om in die volgende twee jaar meer gedissiplineerd en produktief met jou kreatiewe talent te wees. Werk hard en leer die lesse vinnig!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Wy die volgende paar jaar ekstra tyd daaraan om gesinsverhoudinge te verbeter, jou huislike lewe te herstruktureer of huisverbeterings aan te pak terwyl Saturnus deur jou huissone slenter.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die Weegskaal is gereed om te leer! Jy moet die volgende twee jaar ernstig studeer. Jy probeer hard om jou gedagtes te orden en beter met ander te kommunikeer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy gaan ’n paar moeilike geldlesse leer met Saturnus wat jou geldsone deurmekaarkrap. Dit is tyd om materiële sekuriteit en ook innerlike, emosionele sekuriteit te bou. Albei is ewe belangrik.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Daar sal heelwat uitdagings oor jou pad kom weens Saturnus se ligging. Maar as jy slim is, sal jy waardevolle lesse daaruit leer en mettertyd ontwikkel – soos ’n goeie rooiwyn.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou heerser, Saturnus, skuif vir die volgende twee jaar in die Boogskutter-teken in. Dit lui ’n tyd in wanneer jy baie meer filosofies is. Reis, opleiding en oefening sal ook belangrik word.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die volgende twee jaar is dit tyd om jou hoop en drome uit ’n abstrakte verbeeldingswêreld te skuif en hulle realisties maak. Met harde werk en dissipline kan jy jou drome bewaarheid.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Stel jy uit? Dis tyd dat jy herinner word aan die ware stand van sake wat skool, universiteit of jou loopbaan betref. Met Saturnus se ligging is dit nodig dat jy ernstiger, georganiseerd en meer toegewyd word.