SATERDAG

JOU DAG

Vind genot daarin om jouself te verloor in ’n lang, kronkelende dagdroom.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die komende Januarie en Junie gaan baie romantiese maande wees, want Venus flankeer deur jou verhoudingsone. Skeppende projekte en gesamentlike ondernemings word ook bevoordeel.

SONDAG

JOU DAG

Vandag se toegeeflike sterre begunstig kreatiwiteit, durf en aktiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n groot verskeidenheid talente en is dol daaroor om deel te neem aan ’n eklektiese reeks projekte. 2017 is die jaar vir minder obsessies en heelwat meer ontspanning.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Moenie hierdie naweek situasies op sig takseer nie. Baie gebeur op die agtergrond. Moet ook nie ingehok sit in die huis nie. Ruim tyd in om te oefen, sport te geniet of vir ’n verfrissende wandeling te gaan.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Jy is hierdie naweek in die bui vir volop liefde, teerheid, romanse en avontuur, Bul. Geniet dit om saam met jou gesin en vriende aktief te wees – hopelik buite in die pragtige natuur.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Dit is ’n goeie tyd om met ’n kreatiewe nuwe benadering vir ’n persoonlike projek of werkskwessie vorendag te kom. Wat ’n geliefde betref, ruim tyd in om met volop deernis na sy of haar probleme te luister.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Venus besoek jou verhoudingsone tot 7 Desember. Beplan dus iets ekstra romanties met jou maat. Enkellopende Krewe, soek liefde by ’n saggeaarde Bul, ’n sexy Skerpioen of ’n Steenbok wat omgee.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Oos, wes, tuis bes! Gesinsake en huishoudelike projekte word bevoordeel, want Venus stuur goedvoel-seine na jou gewone roetine. As jou houding reg is, gaan jy ’n wonderlike naweek hê.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Venus stimuleer liefde vir die lekker dinge in die lewe. Jy sal dus gelok word na minstens een van die volgende . . . vrolike geselskap, ’n pragtige omgewing, die kunste, blomme of heerlike maaltye.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Vibrasies van Venus en Neptunus plaas jou in die luim vir hope liefde, romanse en fantasie. Dit is dus ’n wonderlike naweek vir heerlike dagdrome, ’n gesellige kersligete of ’n eerste afspraak met iemand spesiaals.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Alle soorte aanlyn aktiwiteite word bevoordeel terwyl jy kontak maak met goeie maats van naby en ver. Om ’n kreatiewe aktiwiteit met ’n kind of vriend/in te deel bring ook geluk en ’n gevoel van tevredenheid.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Reik hierdie naweek uit na ’n groot verskeidenheid vriende en kennise, Boogskutter. Geniet hul geselskap en deel nuus en los praatjies. Die sosiale media en inkopies trek ook voordeel.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Venus galop tot 7 Desember deur jou teken. Jy is dus op jou beste as sexy en charismatiese Steenbok. Enkellopendes – as jy ’n ogie op ’n spesiale iemand het, maak gereed om die sprong met styl te waag!

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Moenie uitstel nie. Die magtige Mars beweeg tot 19 Desember deur jou teken. Strewe dus daarna om met selfvertroue en ’n skoot koele vermetelheid te gaan soek na dit wat jy wil hê. Dit is tyd dat Waterdraers begin skyn!

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Hierdie naweek se hemelse Venus/Neptunus-koppeling begunstig deernis, kreatiwiteit en spiritualiteit. Dit is daarom ’n puik tyd om te mediteer, uiting te gee aan die kunstenaar in jou of op ’n diep geestelike vlak na iemand uit te reik.

© Joanne Madeline Moore