SATERDAG

JOU DAG

Die planete moedig vandag proaktiwiteit en produktiwiteit aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ongelooflik oorredend en vasberade. Jy moet in 2016 die balans vind tussen vasberadenheid en sensitiwiteit, manhaftigheid en goedaardigheid.

SONDAG

JOU DAG

Dit is vandag die dag-en-nagewening, dus val die klem op harmonie en balans.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is soms baie logies en ander kere is jy weer totaal onrealisties. Die sleutel vir 2016 is balans, terwyl jy daarna strewe om iewers in die middel te bly.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Persoonlike projekte word bevoordeel, terwyl jy die meeste uit die aspek van die fantastiese vuur-driestuk put. Kreatiwiteit en motivering is ook hoog op die lys, dus moet julle julle roer, Ramme – met hope passie, energie en entoesiasme.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is haastig om dinge aan die roer te kry ten opsigte van finansies, maar moenie voortgaan voordat al die partye nie toegestem het tot die veranderinge nie. As jy bekommerd is oor geldsake, noem jou bekommernisse aan die betrokkenes.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Oop en eerlike kommunikasie is die geheim vir ’n wonderlike naweek. Daar sal hope kanse wees om jou portuurgroep uit te brei, maar moenie jou ou vriende afskeep in die proses nie.

KREEF, 22 Jun.- 23 Jul.

Dit is ’n fantastiese tyd om ’n projek rakende finansies, sake of werk te begin, aangesien die vuur-drietal jou help om take met ekstra energie en entoesiame aan te pak. Reis en buitelandse konneksies word ook bevoordeel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Daar is ’n fantastiese vuur-drietal, dus is Katte gretig om sosiaal te verkeer en te sirkuleer, te meng en te kuier, hul verbeelding te gebruik en te skep. En die Leo-maan moedig jou aan om jou hare los te maak en feitlik enigiets te oordoen!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius en Venus besoek albei jou verhoudingsone, dus is dit tyd om te begin gesels met jou naastes en dierbaarstes. Enkellopende Maagde – soek ’n geliefde met wie jy werklik kan kommunikeer.

WEEGSKAAL, 24 Sept. tot 23 Okt.

Sake rakende opvoeding, die sosiale media of konneksies in die plaaslike gemeenskap was frustrerend, maar dinge behoort hierdie naweek beter te gaan, aangesien die vuur-drietal jou kommunikasiesone aanvuur.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die skerpioen is die teken van uiterstes, en dit kan moeilik wees vir Skerpioene om te ontspan. Terwyl ons die dag-en-nagewening – die tyd wanneer die dag en nag ewe lank is – vier, moet jy daarna strewe om meer balans in jou lewe te kry.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.- 21 Des.

Jy is in die bui om ’n geliefde deur ’n moeilike tyd te help of om ’n intieme vriend wat op die ashoop sit, op te vrolik. Kinders, kreatiwiteit, sport en internasionale konneksies word ook begunstig.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Daar is baie pret en gelag by die huis te vinde, aangesien die vuur-drietal jou huishoudelike sone belig. As daar ’n bietjie spanning was ten opsigte van ’n gesinslid, het die tyd nou aangebreek dat jy jou trots sluk en begin gesels.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vandag se vurige energie gee aan moë Waterdraers ’n welkome opwelling van energie. Gebruik dus jou verbeelding om produktiwiteit ’n hupstootjie te gee – en jou intuïsie help om ’n huishoudelike of vennootskapsprobleem op te los.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Sake-ondernemings word bevoordeel, terwyl jy gesonde verstand met intuïsie meng om ’n positiewe resultaat te kry. Moenie wag vir geleenthede om te verskyn nie, Visse – wees proaktief in die najaging van jou drome.