Wat jou sterre die naweek voorspel met Joanne Moore

SATERDAG

JOU DAG

Jou verstand werk hard. Vat dit stadig en probeer ontspan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die sleutel tot ’n suksesvolle jaar is om getrou aan jouself te bly. As jy jou intuïsie vertrou, sal jy onoorwinbaar wees. Moenie bang wees om op te staan vir dit waarin jy glo nie.

SONDAG

JOU DAG

Moenie te haastig wees nie. Bestee tyd om sake goed te oordink.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie impulsief. Saturnus sal jou in 2016 leer om kalmer te wees en projekte te voltooi voor jy die volgende groot taak aanpak.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

As jy die naweek oorhaastig tot gevolgtrekkings kom, kan jy verhoudingsprobleme te wagte wees. Hou jou humeur in toom anders sal die vonke spat en harde woorde val tussen jou en geliefdes.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Op die oog af lyk dit asof jy nie in jouself glo nie, maar jy het stil, innerlike selfvertroue en taaiheid wat uiteindelik na vore sal kom. Jou intuïsie sal jou in die regte rigting lei.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die naweek kan dit vir Tweelinge moeilik wees om te sê hoe hulle voel of hulle kan iets heeltemal onvanpas kwytraak. Hou jou mond toe as jy uit die moeilikheid wil bly. Gaan liewer aan met jou werk.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die omstandighede is gunstig vir allerhande soorte professionele en persoonlike projekte. Jy pak moeilike uitdagings met inisiatief en baie selfvertroue aan. Moenie dominerend wees nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die naweek is dit tyd vir leer, sport of reis. Jou verstand is ook wakker en jy kan vinning besluite neem. Weerstaan die versoeking om meer te belowe as wat jy kan doen.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Pak werk wat verstandelike inspanning vereis met ekstra energie. Jy sal beplanning, leerwerk of navorsing gou afhandel, maar moenie haastig wees en kortpaaie kies nie, veral nie met kinders en tieners nie.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Met magtige Mars wat deur jou teken marsjeer is dit tyd om skaamteloos, dapper en pragtig te wees. As jy nie vol selfvertroue oor jou talente kan wees nie, waarom sal enigiemand anders dan jou lof besing?

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Werk jy jou nou al lank op oor iets? Versluierde gegriefdheid kan die naweek skielik na die oppervlak kom deur middel van skerp woorde, ’n saaklike boodskap of sarkastiese e-pos.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

As jy by ’n groepsaktiwiteit betrokke is, kan jy ’n skerp woordewisseling te wagte wees. Moenie by ’n vurige debat betrokke raak oor ’n situasie wat ’n tiener of kind insluit nie. Bly kalm.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Spanning heers tussen werk, huishoudelike take en verantwoordelikhede in jou verhoudings. Natuurlik sal jy jouself blameer, maar sal dit help? Soek positiewe oplossings wat jou laat goed voel oor jouself.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is ongeduldig en vol energie. Gebruik jou verstandelike vermoëns en kommunikasievaardighede om ander te inspireer en met projekte te begin. Moenie vergeet om fisieke oefening in te kry nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie uitstel nie. Die sterre spoor jou aan om iets moeiliks te doen en vaste besluite oor vriende, geldsake of jou toekomsdrome te neem.