pisces-hg-w

SATERDAG

JOU DAG

Vandag se sterre beklemtoon kameraadskap en gesprekvoering.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is intuïtief en diplomaties, en kom goed met ander mense klaar. Maak net seker jy gryp finansiële geleenthede aan wat hulle voordoen, anders gaan hulle by jou verbyglip.

SONDAG

JOU DAG

Probeer vandag om feite en fantasie ver van mekaar te skei.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die diereriem se Dag van Hardnekkige Volharding, moet jy leer om te onderskei tussen vasberadenheid en hardkoppigheid. Buigbaarheid is die sleutelwoord.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Moenie hierdie naweek mense aanjaag nie, aangesien jou spontane sy na hoogste versnelling gaan. Vriende en kennisse waardeer jou entoesiasme, maar moet hulle nie afskrik deur te knaend te wees nie!

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Mercurius en jou heerser, Venus, verenig hierdie naweek in die Bul-teken. Dit is dus tyd vir weifelende Bulle om uit hul gemaksone te klim en iets uitdagends, opwindends en avontuurliks te doen.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Jou heersende planeet, Mercurius, verenig met Venus in jou netwerksone. Hoe meer jy dus met werkkollegas, vriende en kennisse kommunikeer, hoe meer vordering gaan jy maak.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Is daar tans ’n uitdaging wat jy nie alleen kan baasraak nie? Dit is tyd vir slim Krewe om die wyse berading van ’n mentor, ouer vriend of familielid te soek. Wees gereed om te luister en te leer!

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Groepsaktiwiteite en netwerkvorming word bevoordeel terwyl jy jou kring vergroot om internasionale mense met opwindende nuwe idees in te sluit. Wat huidige neigings betref, is daar altyd nog om te ontdek.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Gee jou Maagdebrein behoorlik oefening terwyl die sterre jou nuuskierigheid aanwakker en jou behoefte aan nuus en inligting stimuleer. Jy wil ook graag op die hoogte kom met vriende – persoonlik, sowel as aanlyn.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Verbonde Weegskale, dit is tyd om op te hou om aan jouself te dink en jou maat te pamperlang met ekstra liefde en aandag. Vir enkellopendes loop liefde en reis hand aan hand. Begin dus onmiddellik jou reisprogram beplan!

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Dit is tyd om weg te breek uit jou gewone roetine en hierdie naweek jou liggaam met ’n spesiale behandeling te trakteer – iets soos ’n professionele naelversorging, behoorlike massering of ’n lang en luuksueuse aromaterapiebad.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Mercurius en Venus seën ’n verhouding met ’n kind, tiener of vriend terwyl julle ’n bietjie gehaltetyd saam deurbring en dinge doen wat albei geniet. Koester hierdie spesiale oomblikke, Boogskutter.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Dit is ’n wonderlike naweek om die gesin tuis te vermaak of vriende by jou gunstelingrestaurant te onmoet. Jy is in ’n bui vir sosiaal verkeer en gesels terwyl julle idees uitruil en stories deel.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Jou rustelose en nuuskierige Waterdraer-natuur word dié naweek gestimuleer. Maak seker jy neem ’n spesiale geliefde saam met jou op die rit wanneer jy jou in avontuurlike nuwe rigtings uitstrek.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Die planete belowe ’n naweek vol stimulerende geestelike en fisiese aktiwiteite. Reis en buitemuurse avonture is ’n sterk moontlikheid, maar moenie alles glo wat jy hoor nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017