SATERDAG

JOU DAG

Vandag moet jy probeer ’n balans vind tussen idealisme en realisme.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is groot pret om by jou te wees, maar jy kan ook rusteloos en wispelturig wees. Jy moet in die volgende 12 maande leer om af te wen en te ontspan.

SONDAG

JOU DAG

Die maan in die Boogskutter bevoordeel opvoeding, reis en avontuur.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan baie obsessief raak oor sekere mense en aangeleenthede. In 2016 moet jy individuele strewes met gesins- en groepsaktiwiteite balanseer.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel dalk vandag emosioneel kwesbaar, maar moenie dinge vererger deur buierig te wees en magspeletjies te speel nie. Leer onderskei tussen wat nodig en wat oorbodig is.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Wees ekstra versigtig en konserwatief wat gesamentlike geldsake betref. Bespreek sake met ’n paar kundiges voor jy ’n besluit neem en teken dan eers.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Op die oomblik is daar dalk ’n bietjie verwarring tussen verhoudingsverantwoordelikhede en werksake. Handhaaf streng grense tussen die persoonlike en professionele.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verwag spanning tussen persoonlike, professionele en verhoudingsverantwoordelikhede. Dit gaan nie vandeesweek help om jou menings op ander mense af te dwing nie. Koel skikking is die sleutel.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

’n Gebrek aan fokus, rigting en onderskeiding gaan jou vandag vertraag en verwar. Leeus vertrou maklik, maar moenie toelaat dat ’n twyfelagtige kennis jou om die bos en in die moeilikheid lei nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Intieme verhouding met ’n geliefde raak hierdie naweek baie verwarrend, aangesien nie een van julle seker is waar hy/sy staan nie. Tree baie prakties en meelewend op om hierdie een op te los.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Baie Weegskale gaan hierdie naweek as uiters stresvol ervaar, want bedrieglike planetêre aspekte beperk jou gewone flinke, diplomatiese aanslag. Dit gaan onmoontlik wees om almal om jou tevrede te stel; moet dus nie eens probeer nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Geldsake lyk hierdie naweek ingewikkeld, want ekstra uitgawes duik op of krake verskyn in ’n finansiële vennootskap. As jy nie dinge kan uitsorteer nie, soek iemand professioneels wat kan.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Saturnus, wat deur jou teken beweeg, kruis met Neptunus, so wees onrusbarende onsekerheid te wagte. Hoe minder verantwoordelik en georganiseerd jy is, hoe meer verwarrend gaan dinge wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Saturnus, jou heersende planeet, kruis die newelagtige Neptunus, so dié naweek kan dit voel of al die bekommernisse van die wêreld op jou skouers rus. Moenie dinge vererger deur oorkrities te wees nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die voorspoedige Jupiter en newelagtige Neptunus is in jou geldsone, dus wissel geldsake tussen wonderlik en treurig. Sit geld eenkant om jou deur te dra wanneer dinge benoud raak.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy wil jou in jou eie wêreld terugtrek en is gretig om probleme te ontduik en die naweek met dagdromery te verwyl. ’n Onwelkome werklikheidskok kan jou terugbring aarde toe.