pisces-hg-w

SATERDAG

JOU DAG

Werk passievol, maar teen ’n beheerde en konstante pas.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ondersoek vanjaar nuwe verhoudings. Hoe eerliker jy met jouself is, hoe nader gaan jy aan ander voel.

SONDAG

JOU DAG

Streef daarna om proaktief en behulpsaam te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vind vanjaar kreatiewe, vindingryke en proaktiewe maniere om jou kontantvloei ’n hupstoot te gee. Gebruik jou verbeelding.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Grootdoenerige Ramme is vuur en vlam en gereed vir aksie, want planetêre aspekte sit ’n huppel in jou stap en ’n glimlag op jou gesig. Gryp die oomblik aan en begin met ’n grootse avontuur.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die maan help jou uit ’n verhoudingsgroef. Tree uit jou gemaksone en beproef iets nuuts terwyl jy vrolik van die een fase na die volgende beweeg.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

’n Subtiele, slim benadering sal wondere verrig – veral wat ’n ernstige gesinslid betref. Hoe meer julle sake bespreek en idees uitruil, hoe beter gaan die naweek wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Liefde, gesprekvoering en lag word belig; benut die geleentheid vir romanse, ontspanning en samehorigheid. ’n Spesiale verhouding het vir sommige sensitiewe Krappe tans ’n definitiewe gevoel van déjà-vu.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is fantastiese leiers, maar jy kan te hard op iemand wees. Die sterre moedig jou hierdie naweek aan om jou te laat geld op ’n positiewe wyse wat nie ander mense intimideer of hulle wegstoot nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Rol jou moue op terwyl jy praktiese projekte aanpak en onvoltooide sake klaarmaak. Dit is ’n goeie tyd om jou papierwerk op te ruim, jou begroting te hersien of om lank uitgestelde selfdoentake tuis aan te pak.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Het jy dit moeilik gevind om met ’n geliefde te kommunikeer? Beproef ’n heeltemal nuwe aanslag. Jy sal die verhouding ten goede verander as jy ’n vars benadering volg.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die son en Mercurius beweeg tans deur jou huishoudelike sone; daarom val die klem op die gesin. Dis ook die ideale tyd om anders te dink oor ’n voortslepende persoonlike probleem.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Saterdag moet jy skouer aan die wiel sit en dinge gedoen kry terwyl jy jou kreatiewe idees in produktiewe projekte omskep. Die maan beweeg Sondag deur jou teken en dit dui op hope pret.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Gebruik jou kop en hart om ’n slim oplossing te kry as ’n intieme verhouding jou pla. Met ’n tweeledige benadering sal jy baie gou weer op die regte spoor wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Geleenthede sal opduik om jou drome met ander mense te deel terwyl julle ondervindings bespreek en toekomsplanne beraam. Die krag van die groep is aan jou kant; maak seker jy neem deel.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Smee nou belowende bande met prominente mense. Internasionale verbintenisse en die vorming van sosiale netwerke word veral hierdie naweek bevoordeel.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017