SATERDAG
JOU DAG
Streef daarna om die balans reg te kry tussen idealisme en realisme. 


AS JY VANDAG VERJAAR
Dit is prettig om by jou te wees. Jou stresvlakke kan egter die hoogte inskiet. Probeer om gereelde ontspanning by jou daaglikse roetine in te sluit.


SONDAG
JOU DAG
Jy kan effens vurige emosies verwag terwyl die maan deur die lewendige Ram beweeg.


AS JY VANDAG VERJAAR
Omdat jou geboorte op die sterretekens se dag van finansiële sekuriteit val, is jy geldwys. Probeer om jou rusteloosheid in toom te hou met daaglikse oefening en wegbreeknaweke.


RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Met die maan wat tot in die blitsige Ram beweeg, is jy gretig om ’n vinnige persoonlike besluit te neem, veral waar ’n emosionele kwessie betrokke is. Moet egter nie driftig en oorhaastig wees met ander mense nie.


BUL, 21 Apr.-21 Mei
Wat ’n intieme of finansiële vennootskap betref, gaan kommunikasie moeilik wees. Jy voel gefrustreerd oor iemand anders of ’n situasie. Probeer om nie berge van molshope te maak nie.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Jy kan vandeesweek ’n paar huishoudelike dramas verwag aangesien oorhaastige woorde of ondeurdagte gebare ’n geliefde eenkant toe kan stoot. Is dit dalk tyd om jou vriendskapsbande met ’n nuwe groep op te knap?


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Sommige gesprekke gaan emosioneel – en vurig – raak die naweek aangesien Mars ’n persoonlike kwessie aanwakker. Vir sommige gelukkige enkellopendes kan ’n platoniese verhouding geleidelik in liefde ontvou.


LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Jy is in ’n bui om te studeer, maar moenie hierdie naweek tot halfgebakte gevolgtrekkings kom nie. Moenie onmiddellik optree nie. Dink eers goed na oor alles voor jy ’n groot verandering maak.


MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
As jy probleme ondervind met ’n kliënt of kollega, probeer ’n meer kreatiewe benadering. Met die maan en Saturnus wat die naweek jou huishoudelike sone aanwakker, is dit tyd om op gesinslede te fokus.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Wees versigtig hoe jy die naweek met ander mense kommunikeer. As jy tot vinnige gevolgtrekkings kom, kan jy ’n paar ernstige gevolge verwag. Saturnus toets jou vermoë om ferm en gefokus te bly.


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Jy is die naweek haastig om dinge te voltooi. Jou Skerpioen-weerstand styg en jou geduld daal. Probeer meer objektief wees, veral wat familie en vriende betref.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Moenie die naweek oorhaastig raak nie. As jy vinnige gevolgtrekkings maak, kan jy dalk in die verleentheid gestel word. Die ernstige Saturnus waarsku jou om op jou hoede te wees.


STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Steenbokke is taktvol. Jy voel ook meer geheimsinnig as gewoonlik, terwyl jy geheime uitsnuffel en vertroulikhede stil hou. Vriendskappe, sport en stokperdjies lyk die naweek gunstig.


WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
Met die proaktiewe Mars wat jou welsynsone besoek, moet jy op die verbetering van jou gesondheid en fiksheid fokus. Dit sal net werk as jy ’n eet- en oefenprogram kies wat buigsaam, vinnig en prettig is.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Moenie toelaat dat ’n kollega jou aan die neus lei in die rigting van moeilikheid nie. Moet ook nie vinnige besluite oor geld neem nie. Neem jou tyd om dinge behoorlik te deurdink.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017