SATERDAG

JOU DAG

Vandag se slagspreuk? Geluk is aan die kant van dié wat reguit en dapper is!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou hardnekkigheid en onverskrokkenheid veroorsaak dat uitdagings jou aantrek. Stresvlakke kan egter die hoogte in skiet, dus maak seker dat jy gereelde ontspanning insluit by jou roetine in 2017.

SONDAG

JOU DAG

Wat intieme verhoudings betref, verwag die onverwagte!

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se Dag van Innerlike Verborgenheid is dit belangrik dat jy gereeld uitskeityd op jou eie geniet sodat jy kan ontspan en van binne kan herstel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die sterre verhoog jou onafhanklike vermoëns en vuur jou behoefte tot vryheid en avontuur verder aan. Maar hulle wakker ook jou kortaf en baasspelerige sy aan. Streef dus daarna om ’n diplomatiese waaghals te wees!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat ’n intieme verhouding of ’n kollega by jou werk betref, is duidelike kommunikasie die sleutel tot ’n bevredigende uitslag. Dis tyd vir Bulle om proaktief te wees en na die groter prentjie te kyk.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie jouself toelaat om verveeld te raak nie. ’n Nuuskierige en kreatiewe benadering sal sprankel en woema aan jou naweek gee. En maak seker jy kry genoeg oefening . . . by voorkeur buite in die vars lug.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wat werk en besigheid betref, hoef jy nie te veel op jou hoede te wees nie. As jy huiwer, gaan jy geleenthede op geluk misloop wanneer hulle verskyn . . . dikwels uit die mees onverwagte oord.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Nuuskierige Leeus is in ’n bui om te studeer, leer, reis, ontdek en kommunikeer – veral via die sosiale media. Mars en Uranus moedig jou ook aan om avontuurlik te wees en jou drome na te volg.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Maagde is sulke perfeksioniste, maar dinge gaan nie hierdie naweek so glad verloop nie. As jy by veranderende omstandighede aanpas – en misverstande op ’n hoflike wyse aanvaar – gaan jy heelhuids anderkant uitkom.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Venus, die liefhebber van luuksheid, besoek jou teken en kan jou vergrypsug en luiheid verhoog. Dis goed en wel om te ontspan en pret te hê . . . solank jy sorg dat jy eers dringende werk en belangrike take afhandel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

’n Spontane inkopietog is aanloklik – mits jy dit kan bekostig, Skerpioen. Om jou verder in die skuld te steek, is egter ’n resep vir rampspoed. Geniet gerus jou pret, maar moenie die bank bankrot maak nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Verwag hiedie naweek die onverwagte! Verbonde Boogskutters, doen iets wilds en ongewoons saam met jou maat. Enkellopendes, ’n jare lange vriendskap het ’n verrassende romantiese nadraai.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die dinamiese aspekte van Mars en Uranus is puik om skeppende idees en projekte in positiewe aksie te omskep. Jou uiterlike en innerlike behoeftes is – vir ’n verandering – in harmonie, dus moet jy die geleentheid benut.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Alle soorte reis verloop nou glad, dus kan jy jou gewone horisonne uitbrei en nuwe terreine invaar. Studies, opvoeding en sosiale netwerke kan ook hierdie naweek jou wêreld verbreed.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer jou bes om hierdie naweek gevestig te bly. Kry inspirasie by jou bekende verjaardaggenoot, Jada Pinkett Smith: “Ek lees, mediteer en bid baie, ten einde so standvastig moontlik in hierdie dolle wêreld te bly.”

© Joanne Madeline Moore