SATERDAG

JOU DAG

Maak seker jy kan vandag tussen feit en versinsel onderskei.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vir ’n Weegskaal is jy baie waaghalsig. In 2016 kan jy meer harmonie en balans in jou besige lewe bring.

SONDAG

JOU DAG

Mars en Jupiter, wat saam beweeg, help jou om take met ekstra energie en entoesiasme te benader.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n ryk verbeelding en die mag om ander te inspireer. Die volgende 12 maande sal jy geldelik regtig voor kan kom.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

As jy tyd maak om duidelik met familie en vriende te praat, sal jy die vrugte pluk. Jy is baie entoesiasties en proaktief om met projekte te begin en jou drome na te volg.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die omstandighede is goed vir vriendskappe en jy vind kreatiewe maniere om inligting met ander te deel. Moenie probleme vermy nie – hoe meer proaktief jy is, hoe meer sal ander luister na wat jy sê.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is vol opwindende planne, maar moenie van jou koers afwyk nie. Hoe meer gemotiveer en proaktief jy is, hoe beter sal die naweek wees. Tree ferm en standvastig op.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is eindelik gereed om die naweek ’n hoop papierwerk of ’n kreatiewe projek te takel. Maar moenie so deur jou goeie plan meegevoer word dat jy in die proses belangrike dinge verwaarloos nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou idees oor gesamentlike geldsake is anders as dié van jou maat, familielid of bankbestuurder. Moenie enige groot besluite neem voor julle ’n ooreenkoms bereik nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Duidelike kommunikasie en ekstra entoesiasme sal jou verhoudings verander en verryk. Vir enkellopendes is daar ’n skakel tussen liefde en werk – jy sien jou kollega of kliënt in ’n nuwe, romantiese lig.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jou lewendige verbeelding sit die naweek op loop en jy droom groot drome vir die toekoms. Onthou net, daar is ’n fyn lyn tussen kreatiewe inspirasie en wensdenkery.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie toelaat dat jy van jou eie planne afwyk of oorreed word om iemand anders se droom na te jaag nie. Jy moet die moed, oortuiging en vasberadenheid hê om jou eie pad en drome te volg.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die omstandighede is goed vir professionele projekte terwyl jy meer suksesvol word. Maar moenie alles glo wat ’n familielid jou vertel nie. Kontrolleer die feite deeglik voor jy jou mening gee.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke is in die bui om te kommunikeer, onderrig, leer, skryf of navorsing te doen. Maar maak seker die boodskap wat jy oordra, is dieselfde as die een wat die ander ontvang.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die fokus is dié naweek op geldsake. Moenie jou kop in die grond steek nie. Jou neseier sal geleidelik groei as jy kreatief en proaktief daaraan werk.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy word die naweek kreatief geïnspireer, maar moenie so weggevoer raak dat jy jou mislei en jou in ’n fantasiewêreld bevind nie. Hou jou voete stewig op die grond en wees jouself.