SATERDAG

JOU DAG

Vandag se sterre is voordelig om verlore tyd saam met familie en vriende in te haal.

AS JY VANDAG VERJAAR

In 2017 gaan Saturnus jou help om met ekstra geduld en deursettingsvermoë met uitdagende projekte te vorder. Jy sal sien daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie.

SONDAG

JOU DAG

’n Kombinasie van kreatiwiteit en passie gaan jou vandag ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Saturnus gaan in 2017 ’n uitdagende projek in jou rigting stuur. Met passie en deursettingsvermoë kan jy dit suksesvol afhandel.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die Leeu-maan sorg vir ’n lewendige tyd terwyl jy sport beoefen, oefen, sosialiseer of saam met ’n spesiale vriend kuier. Hoe vrygewiger jy teenoor geliefdes is, hoe beter sal jou naweek wees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

As jy hierdie naweek moet werk, probeer die balans tussen professionele projekte en tyd saam met geliefdes regkry. ’n Lid van die gesin kyk na jou vir emosionele ondersteuning.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge het dikwels ’n kunsmatige begrip van talle onderwerpe. Met Mercurius wat deur Steenbok beweeg, moet jy egter daarna streef om deeglik en gedissiplineerd op een onderwerp op ’n slag te fokus.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die kollig is op finansies terwyl jy daarna streef om vorendag te kom met beter maniere om geld te bestuur. As jy dit nie self kan hanteer nie, moenie huiwer om jou te beroep op die kennis van ’n professionele persoon wat op die hoogte van sake is nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Is jy reg om soos ’n pro partytjie te hou? Jy is in charismatiese Kat-verstelling met die maan wat hierdie naweek deur jou teken beweeg. Dit is dus tyd om op jou eie unieke manier te sprankel, skyn en sosialiseer.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius is in jou kreatiwiteitsone, wat jou lewendige gedagtes en gulsige nuuskierigheid prikkel. Dis dus die ideale dag om te studeer, ’n dagreis iewers heen te onderneem of ’n uitdagende nuwe leesboek te takel.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

’n Gesinskwessie verander beduidend – soos ’n slang wat vervel. Omstandighede is uitdagend, maar onthou dat jy besig is om ’n stewige nuwe huishoudelike fondasie te lê.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Venus beweeg tot 3 Januarie deur jou tuistesone. Die dae voor en om Kersfees en Nuwejaar is dus ’n uitstekende tyd om grasieus gasheer te speel vir gaste van naby en van ver.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Avontuurlustige Jupiter en die vurige Leeu-maan gee jou hierdie naweek ’n welkome hupstoot. Dit is die ideale tyd om te reis terwyl jy die groot, wye wêreld buite jou deur verken.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vandag gaan die beste vlot as jy met kreatiwiteit en meegevoel ’n balans kan handhaaf tussen prakties en produktief wees. Soos die naweek ontvou, skuif jou gedagtes na geldsake.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Wat ’n groepsaktiwiteit of gemeenskapsprojek betref: Gebruik jou voorgevoel om in te zoem op wat ander mense nodig het. Werskaf dan agter die skerms om dinge hierdie naweek aan die gang te kry.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy gaan vordering maak deur jou oë en ore oop te hou. Bly op die hoogte van sake en los fantasie vir die silwerdoek. Moenie jou laat aanjaag om aan aktiwiteite deel te neem nie. Ontspan en vat jou tyd.

© Joanne Madeline Moore