SATERDAG

JOU DAG

Wat die meeste dinge vandag betref – verwag die onverwagte!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is passievol en koesterend. Oktober is die mees romantiese maand vir ’n eerste afspraak, om verlief te raak, ’n huweliksaanbod te doen, te trou of jou huweliksbeloftes te hernieu.

SONDAG

JOU DAG

Dit is ’n wonderlike dag om oor te gaan tot deurslaggewende, dinamiese optrede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ernstig en ambisieus. Jy moet in die komende 12 maande berekende risiko’s by die werk neem. Die geluk loop die dapperes teë!

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Rustelose Ramme voel baie weerbarstig! As ander mense jou vra om iets te doen, gaan jy heel moontlik omdraai en net die teenoorgestelde doen. Jy sal hopelik nie te veel mense so omkrap nie.

BUL, 21 Apr.- 21 Mei

Reisplanne en opvoeding lyk baie onbestendig aangesien die son en Uranus onverwagte onderbrekings na jou kant toe gooi. Hoe hardkoppiger en meer onbuigbaar jy is, hoe moeiliker gaan die naweek wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Maak jul sitplekgordels vas, Tweelinge – dit lyk asof die naweek ’n wilde rit gaan wees! Jy gaan rebelleer teen beperkings wat jy opgelê word, en ander mense kan dalk op al hoe meer onvoorspelbare maniere reageer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Onderbrekings is hierdie naweek moontlik. As jy boonop aan die ontvangkant van onbedoelde kwetsende woorde is, onderdruk die drang om terug te kap. Gly eenvoudig op jou bestendige Kreef-manier daaroor heen.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Onvoorspelbaar en onredelik – dit is wat julle hierdie naweek gaan wees, Leeus! Innerlike spanning en uiterlike rusteloosheid beïnvloed julle; dus moet julle geen belangrike besluite neem voor julle nie ’n bietjie meer tot bedaring gekom het nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Geldsake lyk ingewikkeld en onvoorspelbaar; dus moet julle nie hierdie naweek groot besluite neem ten opsigte van geld nie. Geld en vriende is ’n besonder morsige mengsel; probeer die twee dus skei.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

’n Werkaangeleentheid, liefdesverhouding of gesinsverhouding gaan hierdie naweek onvoorspelbaar wees. Die beste raad van die sterre se kant af is om op die kantlyn te sit en te wag tot sake eindelik tot bedaring gekom het.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou versigtig beplande naweek staan op die punt om omgekeer te word, aangesien Uranus die hele boel omskop en ’n klompie morsige verrassings by die mengsel gooi. Dus – hoe meer aanpasbaar jy is – hoe beter.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.- 21 Des.

Jy gaan moontlik ontwrig raak oor ’n situasie waarby ’n kind, tiener, vriend(in) of geliefde betrokke is. Moenie langtermynbesluite neem voor jy nie die situasie uit ’n meer objektiewe hoek kan beskou nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Baie Steenbokke gebruik ’n klomp energie om sukses te behaal op beroepsgebied, maar moet dit nie ten koste van persoonlike verhoudings, vriendskappe, gesinspret en huishoudelike harmonie doen nie. Balans is die wagwoord.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy gaan moontlik hierdie naweek soos ’n bul in ’n glaskas wees, Waterdraer, aangesien die son en Uranus jou rebelse sy aanwakker. As jy dan nou dwarskoppig moet wees, maak seker dis oor iets belangriks.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die son en Uranus wakker jou spontane koopgier aan. Dis in die haak, solank jy die geld het om ’n groot inkopietog te finansier. Indien nie, moet jy jou op ’n ander manier vermaak.