SATERDAG

JOU DAG

Verwag vandag ’n paar verassings en steurnisse.

AS JY VANDAG VERJAAR

Bedink maniere om jou stresvlakke in 2016 te bedwing. Mik ook na ’n balans tussen verantwoordelike by die werk en projekte by die huis.

SONDAG

JOU DAG

Streef daarna om duidelik en saaklik te kommunikeer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Onafhanklik en skerpsinnig; jy is ’n krag om mee rekening te hou. Vanjaar is die jaar om nuwe horisonne te verken en iets nuuts aan te leer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die maan is in die Ram; dus sal jy prikkelbaar wees en in die luim voel om terug te baklei. Moet net nie gesagsfigure in die harnas jaag nie. ’n Subtieler benadering is die verstandige uitweg.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Probeer ander se emosionele onafhanklikheid respekteer solank die maan deur die onafhanklike Ram beweeg. As jy in die luim is daarvoor, is sport, stokperdjies en kreatiewe projekte nou jou beste raad.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die maan is in jou sone vir hoop, droom en wens; daarom is die tyd geleë om emosionele energie toe te spits op jou doelwitte. Stel ’n wenslys op wat jy prakties kan uitvoer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Gebruik hierdie naweek jou aansienlike Kreef-sjarme om geldelike of werksake te vergemaklik. As jy deernis aan ’n gefrustreerde familielid betoon, sal dit hom of haar help om kalm te word en voort te gaan met die lewe.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug

Jy het baie ysters in die vuur, Leeu, maar jy kan dit baasraak. Met dié dat die maan deur die dinamiese Ram voortsnel, moet jy poog om selfversekerd te wees en jou te laat geld, pleks van baasspelerig en arrogant.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met Jupiter in jou teken moet jy avontuurlustiger wees. Wees geïnspireer deur die aanhaling van Muhammad Ali: “Mense wat nie dapper genoeg is om kanse te waag nie, sal niks in die lewe bereik nie.”

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Daar kan wrywing wees tussen dit wat jy wil hê en dit wat ander nodig het, veral tuis. Dis hoog tyd dat Weegskale inval en toegewings maak, so nie voorsien ek probleme.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars is in jou teken, en dit laat die beheervraat in sommige Skerpioene los. Bekyk jou ware beweegredes. Pleks daarvan om ander te manipuleer, hoekom nie liewer saamwerk nie?

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Is jy ’n traak-my-nieagtige Boogskutter? Probeer, met Saturnus in jou teken, deegliker wees. Soos die politikus Benjamin Franklin ons herinner: “Mislukking om te beplan lei tot beplanning om te misluk.”

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy hou dalk nie van dit wat jy hierdie naweek hoor terwyl jy poog om mense te oortuig van jou sienswyses nie. Toegewing en oorlegpleging is die sleutel tot harmonie tuis en tot gemoedsrus.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Word jy tans aangedryf deur onbewustelike begeertes? Bekyk jou innerlike motivering van nader, Waterdraer. Dalk stuur dit jou in ’n rigting waarheen jy regtig nie wil gaan nie . . .

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Plaas iemand jou onder druk of trek hy/sy jou emosionele toutjies, Vis? Gebruik die vurige energie van die maan in die Ram om ’n onafhanklike paadjie uit te kap, veral wat geldsake betref.