SATERDAG

JOU DAG

Streef daarna om jouself vandag op jou unieke manier uit te druk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander waardeer jou sprankelende humorsin. 2016 is die jaar om meer avontuurlustig by die werk te wees, asook meer versigtig en uitgeslape met geld.

SONDAG

JOU DAG

Vandag se sterre moedig jou aan om te praat oor diepsinnige onderwerpe.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is prakties en verantwoordelik, maar vermy dit om te veel waarde aan materiële besittings te heg. Jy kan baie vreugde daaruit put om verhoudings met geliefdes te verbeter.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou vermoë om te konsentreer word hierdie week uitgelig, Ram, terwyl jy beuselagtighede vermy en konsentreer op dinge wat regtig belangrik is, veral wat werk en geldsake betref.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mik hierdie naweek om die balans tussen sosialisering met familie en vriende reg te kry en ook om ’n bietjie gehaltetyd op jou eie deur te bring. Dink ook na oor jou aspirasies.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Oppervlakkige onderwerpe vlieg hierdie naweek by die venster uit terwyl jy konsentreer op ernstige en ingewikkelde sake. Moenie dinge op sigwaarde aanvaar nie; delf dieper en vind uit wat werklik aangaan.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Sit jy opgeskeep met ’n broeiende verhoudingsdrama? Eerlikheid is die beste raad terwyl jy sê hoe jy werklik voel en luister daarna wat ’n geliefde op die hart het.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal dalk hierdie naweek ekstra werk, studie of navorsing moet doen, maar moenie bekommerd wees nie, Leeu; enige ekstra poging wat jy aanwend, sal weldra goed beloon word. Maar jy moet ’n langtermynperspektief aanneem.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is asof jy hierdie naweek X-straal-oë het, Maagd, terwyl jy inzoem op die oorsaak van ’n probleem en met ’n goeie oplossing vorendag kom. Alle soorte opleiding, studie en navorsing word ook begunstig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Kyk op ’n dieper en grondiger manier na ’n huidige situasie. Stres jy oor ’n belangrike besluit wat jy moet neem? As jy intuïsie en logika kombineer, sal jy weet wat die volgende stap is.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy is in ’n luim om hierdie naweek verhoudings te koester terwyl jy met ander omgaan, kommunikeer, kuier en klets. Dit is ook ’n goeie tyd om deel te neem aan projekte in jou plaaslike gemeenskap.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Pluto moedig jou aan om baie meer versigtig en spaarsaam met kontant en krediet te wees. Soos jou verjaardaggenoot die finansier J.P. Morgan gesê het: “As jy moet vra hoeveel dit kos, kan jy dit nie bekostig nie.”

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hierdie naweek se Mercurius/Pluto-trigoon help jou gedagtes op ernstige sake fokus en gee jou dieper insig in ’n ingewikkelde situasie waarby ’n kind, tiener of intieme vriend betrokke is.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verbeelding en voorgevoel kom in die soeklig terwyl jy op jou onderbewussyn inskakel en belangrike riglyne of inspirasie kry. Wanneer jy met ander kommunikeer, probeer om nie haastig te raak nie. Deurdink sake eers goed.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie hierdie naweek net uit jou eie oogpunt na omstandighede kyk nie. Neem jou tyd om mooi te luister na ander; met jou kop én jou hart. Wat ’n familielid betref, wees ekstra geduldig.