SATERDAG
JOU DAG

Die Ram-Maan bevorder reguit te wees oor jou gevoelens.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is regtig dinamies en oortuigend. Moet dus nie die geleentheid misloop om mense langdurig ten goede te beïnvloed nie.

SONDAG
JOU DAG

Jy kan vandag ’n paar emosionele hoogte- en laagtepunte verwag. Pas jou dus daarby aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n passievolle maat en ’n toegewyde vriend. Die volgende 12 maande is die tyd om jou beroep – of toekomsrigting – na opwindende nuwe terreine te stuur.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Heethoofdige Ramme – die Maan is in die vurige Ram; dus is jy in ’n uitbundige, baasspelerige bui. Maar soms moet jy jou benadering aanpas, en iemand anders ’n slag die kans gee om leiding te neem.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

As jy jou logiese en emosionele sye balanseer, sal jy bevredigende vordering maak. Sit jy egter met ’n probleem wat jou kwel? Laat jou intuïsie jou die regte rigting aandui.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy dink dat ’n huidige situasie kant en klaar afgehandel is. Sake is egter baie meer geheimsinnig en ingewikkeld as wat hulle van voorkom. Bly dus stil, luister fyn en leer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy verwag dat die naweek glad gaan verloop, sal jy uit jou Kreef-gemaksone geruk word. Die planete moedig jou aan om situasies op ’n baie meer volwasse en subtiele manier te hanteer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Is jy geïrriteerd dat mense nie optree soos jy wil hê hulle moet nie? As jy probeer baasspeel oor mense, lê ’n stresvolle naweek vir jou voor. Kommunikasie en toegewings is die wagwoorde.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Maagde wat hou van roetine, verkies dat dinge sonder probleme of dramas verloop. Hierdie naweek moet jy jou aanpasbaarheidshoedjie opsit en verwag dat ’n paar klein melodramatjies hul opwagting sal maak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dit mag voel of jy in verskillende rigtings getrek word terwyl die huis, gesin, liefde en persoonlike kwessies almal meeding om jou beperkte tyd en energie. Maak dus seker dat jy jou daarby aanpas, prioritiseer en leer om nee te sê!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy probeer om mense te manipuleer, sal jy verbaas wees oor hul reaksie. Is daar ook ’n probleem wat jou onderkry? Dit waarteen jy vasskop, wil nie wyk nie. Miskien is dit dus tyd om minder morbied te wees en dinge te laat vaar?

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy roekeloos raak met verhoudings, kan jy jou opgeskeep sit met ’n fyngevoelige vriend of briesende geliefde. Wat geld betref, strewe daarna om minder sorgeloos en meer georganiseerd te wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Aandag, alle Steenbokke – hoe meer beheersugtig jy is, hoe moeiliker sal die lewe raak. Probeer ontspan en saam met die stroom vloei. Wat ’n persoonlike probleem betref, gaan slim en strategies te werk.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Jy is in die bui om dinge aanlyn aan te wakker met jou skeppende idees en onkonvensionele houdings. Wees egter versigtig dat jy nie ’n ontevrede vriend laat ontaard in ’n gedugte vyand nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is tyd om meer openlik met geliefdes te wees. As jy met ’n probleem sit wat jou pla, Visse, moet jy dit nie onderdruk nie. As jy emosioneel volwasse is, praat oor wat jou pla.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.