SATERDAG

JOU DAG

Moenie mense en situasies probeer aanjaag nie. Wees geduldig en neem klein treë.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol daaroor dat ander mense jou raaksien en waardeer wat jy doen. Volgende jaar moet jy jou minder bekommer oor wat ander mense dink en meer op persoonlike doelwitte fokus.

SONDAG

JOU DAG

’n Vurige volmaan laat emosies opvlam. Moenie huiwer nie; tree vinnig op.

AS JY VANDAG VERJAAR

Streef daarna om meer balans in jou wêreld te bring. Die komende jaar gaan vol dramatiese kinkels wees. Dit gaan beslis nie ’n vervelige 12 maande wees nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vonke gaan spat omdat die volmaan verhoudings aanvuur en jou haastige sy warm maak. Verminder spoed, anders gaan jy waarskynlik oorreageer en iets doen waaroor jy later spyt gaan wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Kan jy die balans handhaaf tussen eiewys en meelewend wees? Die tyd is reg vir skryf, skilder, musiek maak of ander aktiwiteite wat die rykdom van jou innerlike verbeeldingswêreld betrek.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat ’n onvoorspelbare vriend of kennis betref, het jy nog niks gesien nie. ’n Droom wat jy jare lank gekoester het, kan dalk skielik van koers verander en ’n ander rigting inslaan.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die volmaan aktiveer jou werk- en tuistesones, dus kan jy hierdie naweek professionele of persoonlike dramas verwag. Vermy negatiewe individue aangesien jy hul energie soos ’n spons sal opsuig.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Koel af. As jy te warm en oorhaastig raak, kan jy dalk op ’n rusie of ongeluk afstuur. Markeer jou pas en wees veral versigtig as jy gaan stap of bestuur. Niks moet nou jou aandag aflei nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan hierdie naweek tot raserny gedryf word as jy tussen onbetroubare mense is. Probeer om tussen mense te bly wat weet waarheen hulle op pad is. Hou ook jou aanpasbaarheidspiere geoefen.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vrede, harmonie en geluk is hierdie naweek net ’n veraf droom, met die vurige volmaan wat probleme met maats aanhits – romanties, sowel as platonies. Verwag dus die onverwagte.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Innerlike behoeftes en verborge obsessies gaan waarskynlik hierdie naweek na die hoogste versnelling oorskakel, aangesien die volmaan jou sluimerende brein opwarm. Streef daarna om dinge in perspektief te hou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die vurige volmaan val in jou dramasone, dus kan jy heelwat hoogte- en laagtepunte te wagte wees, veral met kinders, tieners of vriende. Geduld – nie een van jou sterk punte nie – is die sleutelwoord.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wees voorbereid op huishoudelike dramas en familiefiasko’s. Die volmaan plaas die kollig op jou tuistesone. Mik daarna om die balans tussen jou persoonlike en professionele verantwoordelikhede te handhaaf.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Reis en kommunikasie gaan hierdie naweek ingewikkeld raak. Die vurige volmaan verhoog jou impulsiwiteit en jou geneigdheid om dinge persoonlik en aanlyn uit te blaker.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Geldsake kan hierdie naweek tot ’n punt kom wanneer jy besef jou wenslysie en jou banksaldo stem nie ooreen nie. Dit is tyd om jou kontantvloei te versterk en jou drome te herontwerp.

© Joanne Madeline Moore