SATERDAG

JOU DAG

Venus beweeg eindelik vorentoe, so verhoudings behoort te begin verbeter.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy organiseer graag ander mense, maar moet dit nie vanjaar oordoen nie; jy gaan vriende verloor. Oktober en November is die beste maande vir passie en romanse.

SONDAG

JOU DAG

Dit is ’n goeie dag vir avontuur of om net ’n slag iets anders te doen.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense waardeer jou humor en vrygewigheid. Weerstaan egter oor die volgende 12 maande die versoeking om onverantwoordelik en sorgeloos met kontant en krediet te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is nuuskierig en gretig om nuwe inligting uit te snuffel en met soveel mense moontlik te gesels. Praat en sosialisering is dus hierdie naweek hoog op die agenda.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dankie tog Venus, jou heerserplaneet, beweeg Saterdag vorentoe. Verhoudings en geldsake gaan geleidelik verbeter terwyl jy meer optimisties begin voel oor die toekoms.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit is ’n wonderlike naweek om briljante toekomsplanne te maak, veral wat werk betref. Waag dit om jou drome met kollegas te bespreek terwyl jy ’n sterk steunstelsel opbou.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe kan in ’n vervelige groef vasval. Nie hierdie naweek nie! Wys jou kloue, trek jou dansskoene aan en doen iets opwindends en kreatiefs. Deel jou geesdrif met jou geliefdes.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Venus, die planeet van liefde en oorvloed, beweeg eindelik Saterdag vorentoe. ’n Romantiese verhouding of finansiële vennootskap behoort dus met rasse skrede te verbeter.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Ervaar jy vriendskapsprobleme? Die enigste manier waarop jy kwessies gaan oplos, is met openlike en eerlike kommunikasie. Hierdie naweek help Venus jou om te sê wat jy werklik op die hart het.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy wil nie verveeld wees nie; omring jou met familie en vriende wat stimulerende geselskap is. Jou liefdeslewe kry ook ’n welkome hupstoot, want Venus beweeg eindelik vorentoe.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Baie Skerpioene voel lus vir kuier terwyl Venus vorentoe beweeg in hul vriendskapsone. Waak daarteen om iets verkeerds teenoor ’n brose gesinslid kwyt te raak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die fokus is op familie terwyl julle op verskillende maniere op die hoogte kom van mekaar se nuus. Met Venus wat deur jou huishoudelike sone vorentoe beweeg, is dit die ideale tyd om tuis te onthaal.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

’n Verhouding met ’n buurman of gemeenskapsgroep kan verbeter noudat Venus eindelik vorentoe beweeg. Mercurius, wat in trurat is, beïnvloed steeds ’n belangrike vriendskap; wees versigtig wat jy sê.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jou huidige motto kom van die aktrise Emma Thompson, wat op 15 April verjaar: “Dit lyk of enige probleem, groot of klein, deur swak kommunikasie ontstaan. Iemand luister nie.”

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Dit gaan die naweek moeilik wees om sosiale Visse stil te hou, want Venus beweeg vorentoe deur dié teken. Kommunikasie is die wagwoord terwyl julle die wêreld aan die brand gesels.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.