Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

SATERDAG

JOU DAG

Vandag se positiewe sterre spoor jou aan om prettige dinge op ’n gefokusde manier te doen.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is slim en deeglik en het goeie waarnemingsvermoë. Die volgende 12 maande is dit tyd om meer in voeling met jou diepste emosies te kom.

SONDAG

JOU DAG

Maak seker jy kyk voor jy vandag ’n sprong waag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het wonderlike tegniese vaardighede en kundigheid, maar moenie jou sensitiewe, menslike kant in die proses verloor nie. Maart en April is ’n goeie tyd vir liefde en romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

As jy probeer om ander met mening na jou siening oor te haal, kan jy weerstand verwag. Kompromie is die slim weg om te volg.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Is jy superkoppig oor ’n persoonlike saak? Die sterre spoor jou aan om ’n ander benadering te probeer volg. Jy kies om die probleem kalm, kreatief en deur samewerking op te los.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy voel die naweek gou verveeld. Dit is dus die ideale tyd om ’n fassinerende nuwe stokperdjie of stimulerende projek, wat by jou weetgierigheid pas, te kry.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dit voel asof jou emosies die naweek wipplank ry. Daar is heelwat uitdagings en jy sal dit die

beste hanteer as jy ander ooreed om saam met jou eerder as teen jou te werk.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die kollig val op geldsake, maar moenie toelaat dat jou aptyt vir luuks leef buite beheer word nie. Soek ekstra maniere waarop jy in jou plaaslike gemeenskap en aanlyn kennisse kan maak.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die Maagd se brein is wakker, maar moenie die naweek te veel oor situasies dink en dit analiseer nie. Mercurius en Jupiter spoor jou aan om na die geheelbeeld te kyk en daarna aan die werk te spring!

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die sterre is gunstig vir langtermynliefde en ernstige verbintenisse. Dit is dus die ideale naweek om by ’n aanlynwebwerf aan te sluit om liefde te soek, jou lewensmaat te vind, verloof te raak, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie net rondsit en jou bekommer oor waarheen jy op pad is nie. Aktiewe verbeelding en kreatiewe visualisering is twee fantastiese maniere om jou toekoms in die vooruitsig te stel en dit dan waar te maak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters hou van gesels! Die verband tussen Mercurius en Jupiter maak jou nuuskieriger en selfs meer praterig. Jy het baie om te sê, maar staan ook tyd af om na ander te luister.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis ’n wonderlike naweek om jou meer tot ’n verhouding te verbind – of dit nou ’n romantiese, platoniese of sakeverhouding is. Sit genoeg tyd opsy om sake te oordink en te tob.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Fokus daarop om vir jou die lewe te skep wat jy wil hê en moenie te konvensioneel wees nie. Bestee tyd saam met ander – hoe meer selfgesentreerd jy is, hoe minder bevredigend sal die naweek wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Buigsame Visse is geneig om probleme te vermy en hul kop in die grond te druk. Die sterre spoor jou aan om die daaglikse uitdagings met moed en selfvertroue te pak.