Hier is wat jou sterre vir die naweek voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Vandag sal romantiese verhoudings ekstra intens wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n sterk perfeksionistiese streep. Maak seker jy word nie so vasgevang in persoonlike projekte dat jy die behoeftes van geliefdes afskeep nie. Augustus is ’n uitstekende maand vir liefde en romanse.

SONDAG

JOU DAG

Die Maagdelike maan is gunstig om prakties en georganiseerd te raak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se Dag van die Dagdromers, is jy uiters kreatief. Moenie jou vanjaar te veel afsonder nie. Jy het die ondersteuning en insae van ander nodig om jou projekte aan die gang te kry.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Sukkel jy met ’n probleem waaroor jy slapelose nagte het? Hierdie naweek bied ’n vriend of kollega aan jou welkome – en verstandige – raad. Maak net seker jy is slim genoeg om dit te aanvaar.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Gryp die invloed van Venus se besoek aan jou teken aan. Hierdie naweek is die volmaakte tyd om vurig te flirteer of ’n paar ou gunsies op te eis terwyl jy ander mense om jou bekoor en van jou denkwyse oortuig.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy bedoel dit goed, maar probeer om nie jou tyd, talent en energie te veel aan ander te toevertrou nie. Dit is ’n goeie naweek om weer te kyk na ’n ou probleem in ’n verhouding of om ’n meningsverskil op ’n diplomatieke manier op te los.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is romantiese en sentimentele skepsels, maar moenie van jouself ’n martelaar maak in verhoudings nie. Pluto help jou om innerlike oplossings te vind om ’n vriendskap in ’n positiewe, nuwe rigting te stuur.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die Leeu is ’n standvastige teken en jy kan hardkoppig en nougeset wees wat jou gewoontes en oortuigings betref. Mik daarna om hierdie naweek baie meer aanpasbaar te wees terwyl jy ’n moeilike situasie deur ’n behendige diplomatieke aanvoeling verander.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vermy dit om nes ’n ware Maagd hoogs gespanne te raak. Probeer minder bekommerd en meer gefokus wees terwyl jy take van die oomblik afhandel voor jy nuwe projekte aanpak. Sit tyd opsy om te ontspan en te vernuwe.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Hoe goed ken jy jou geliefdes? Heelwat kan nog ontdek word as jy dieper delf en waardevolle insig kry oor die gevoelens van sekere familielede – en van jouself.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Groepaktiwiteite word bevoordeel, solank jy bereid is om ’n kompromis aan te gaan. Maar moenie alles glo wat ’n kind, tiener, vriend of kennis jou vertel nie. Jy hoor dalk nie die hele verhaal nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jou studievermoëns is verskerp hierdie week. Plaas dus iets – of iemand – onder die mikroskoop om ’n boeiende geheim of twee te ontdek. Neem jou tyd en moenie die proses aanjaag nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke is uitstekende organiseerders, puik strateë en briljante bestuurders. Maar probeer hierdie naweek meer geneig te wees tot samewerking, anders gaan kollegas en familielede dalk weier om samewerking te gee.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus gee jou emosionele welstand ’n welkome hupstoot terwyl jy konsentreer om beter te voel. Moenie bekommerd wees oor wat ander mense doen nie. Fokus liewer op ’n genotvolle persoonlike projek.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kyk jy tans met ’n oorwegend rooskleurige bril na ’n huidige situasie? Probeer hierdie naweek jou bes om heelwat meer diskriminerend te wees sodat jy dinge kan begin sien soos dit werklik is.