SATERDAG

JOU DAG

Vandag se sterre is voordelig vir kreatiwiteit en avontuurlustigheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

Koel, bekwaam en manhaftig. Jy is ook uiters georganiseerd. In die komende jaar moet jy leer om slimmer te werk, pleks van harder.

SONDAG

JOU DAG

Nuuskierigheid en ’n oop gemoed gaan jou vandag ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het baie om te bied, maar jy kan ook soms te gou tou opgooi. 2017 is die jaar om projekte af te handel, selfs wanneer jy die wind van voor kry.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Hoe meer energie en passie jy in werk- en sakeaangeleenthede belê, hoe meer sukses sal jy behaal. Jy moet wel jou huiswerk deeglik doen – selfs oor die naweek – en besonderhede noukeurig nagaan.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die Maan skyn hierdie naweek helder oor verhoudings met familie en vriende. Konsentreer die ooreenkomste tussen jou en hulle, terwyl jy hul sterk punte vier en hul drome aanmoedig.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Hierdie naweek moet jy die kommunikasie van jou idees en gevoelens met ekstra passie geniet. Jy sal nietemin ekstra verdraagsaam moet wees wat ander se menings betref. As jy dit bevraagteken, kan dinge interessant raak!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie oorversigtig wees nie, Kreef! Jou leuse vir die naweek kom van dr. Martin Luther King jr., wat op 15 Januarie 1929 gebore is. “Geloof is om die eerste trappie te klim, selfs al kan jy nie die hele stel trappe sien nie.”

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan hierdie naweek ’n opwelling van kreatiwiteit verwag, want voordelige planetêre aspekte steek jou vrugbare verbeelding aan die brand. Wat ’n intieme verhouding betref, moet jy jou intuïsie gebruik om te bepaal wat presies aan die gang is.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is ’n wonderlike naweek om proaktief te wees met die verbetering van romantiese verhoudings met jou metgesel, of om ’n kreatiewe projek aan te pak. Sommige sentimentele – en dapper – Maagde gaan weer ’n ou romanse opsoek.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verfraai jou huis of werkomgewing en vind pret terwyl Venus sjarme, genot – en liefde – omhels! As jy enkellopend is, mag jy jouself dalk aangetrokke vind tot ’n kollega.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Daar is geen wegkomkans van liefde en passie af nie, want Venus, Mars en Jupiter stimuleer jou romantiese sone. Vir sommige enkellopende Skerpioene is liefde met ’n sexy kollega of kliënt ’n moontlikheid.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is hierdie naweek in ’n vrygewige bui terwyl jy ’n pragtige, emosionele verband met iemand spesiaals deel. As jy werk, gaan jy baie positief voel oor ’n huidige projek.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy gaan dit geniet om bevredigende oplossings vir drukkende probleme te vind. Weerstaan egter die drang om ander te kritiseer – dit maak nie saak hoe sogenaamd opbouend dit is nie. Jy kan ook dalk die rol van geleerde leermeester of nuuskierige student speel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy voel rusteloos hierdie naweek; so pasop, almal! Waterdraers in ’n verhouding – probeer jou allerbeste om meer romanties te wees teenoor jou maat. Enkellopendes – soek liefde by ’n liefdevolle Ram of ’n lustige Leeu.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die huidige planetêre patrone plaas die kollig op jou kreatiewe en geestelike Vis-sy. Hulle beklemtoon egter ook jou neiging om feit en fantasie met mekaar te verwar. Probeer dus jou voete stewig op die grond hou.

© Joanne Madeline Moore