SATERDAG

JOU DAG

Dit is ’n wonderlike dag vir eksperimente en ontdekkings.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se Dag van Lewendigheid gebore, dus is dit groot pret om by jou te wees. Jy behoort vanjaar meer gedissiplineerd te wees en op jou chaotiese kreatiwiteit te fokus.

SONDAG

JOU DAG

Verwag ’n prettige Valentynsdag vol romantiese kinkels.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol daaroor om ander te amuseer met jou vermaaklike en gevatte aanmerkings. In 2016 behoort jy minder impulsief en heelwat meer sensitief te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Verbonde Ramme, doen iets baie romanties saam met jou maat. Aandag, verliefde, alleenlopende Ramme: Liefde met die eerste oogopslag is baie waarskynlik – maar is dit ware liefde of net ’n fantastiese koketterige affair?

BUL 21 Apr.- 21 Mei

Moenie jou maat – of potensiële maat – as vanselfsprekend aanvaar nie. “Liefde lê nie bloot soos ’n klip daar nie. Dit moet bewerk word soos brood, heeltyd oorgemaak word, weer nuut gemaak word,” sê Ursula le Guin.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Met Saturnus wat deur jou verhoudingsone beweeg, kom jou aanhaling vir Valentynsdag van William Barclay: “Liefde behels altyd verantwoordelikheid, en liefde behels altyd opoffering.”

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Valentynsdag is ’n gulde geleentheid om na te dink oor die feit dat liefde die Aarde laat draai. Enkellopende Krewe, die vonke spat met iemand wat slim en sensueel is.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Maak seker jy het hope pret wat verhoudings betref. Jou aanhaling vir Valentynsdag kom van die skrywer George Sand: “Daar is net een geluk in die lewe, om lief te hê en om liefgehê te word.”

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Fokus op jou beminde terwyl jy hom/haar op Valentynsdag koninklik behandel. Alleenlopers, liefde en werk is op wonderlike en verrassende maniere met mekaar verbind.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Voel jy dapper? Jou aanhaling vir Valentynsdag kom van Chinese filosoof Lao Tzu: “Om waarlik deur iemand bemin te word gee jou krag. Om iemand anders waarlik te bemin gee jou moed.”

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Waar dit kom by die ervaring – en instandhouding – van liefde, moet jy die behoefte weerstaan om in beheer te wees. Soos die aktrise Loretta Young verklaar het: “Liefde is nie iets wat jy vind nie; dis iets wat jou vind.”

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Gelukkige Valentynsdag! Jy voel romanties terwyl jy aandag – en geld – op jou maat uitstort. Dra jou hart op jou mou of verwesenlik ’n geheime fantasie met jou beminde.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Met Venus in jou teken is jy bestem vir ’n sagte, sensuele Valentynsdag. Romanse, ’n stylvolle omgewing en fynproewerskos roep jou. Enkellopendes, soek by ’n sjarmante Kreef na liefde.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Romanse is in die lug, maar die energie is agter die skerms. Dit beteken ’n privaat, toweragtige Valentynsdag. Enkellopendes, verbasende tekens en onverwagte sinchronisiteit kan jou na liefde lei.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Venus is in jou aspirasiesone; soek na ’n droom wat julle kan deel. “Liefde bestaan nie daaruit om na mekaar te staar nie; dis om saam en in dieselfde rigting buitentoe te kyk.” – Antoine de Saint-Exupéry