SATERDAG

JOU DAG

Venus en Saturnus kan nou verhoudingsprobleme vererger.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou uiterlike selfversekerdheid en ontembare gees kan dalk jou innerlike onsekerheid verberg. Oor die volgende jaar moet jy leer om jou eie grootste aanhanger te word.

SONDAG

JOU DAG

Moenie vandag meer belowe as wat jy kan lewer nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is spontaan, oplettend en snaaks. Oktober en November is die beste maande om by ’n aanlyn vriendskapsgroep aan te sluit, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Hierdie naweek word jou gejaagdheid ingekort en dit lyk of alles teen ’n slakkepas beweeg. Jy gaan waarskynlik ook geïrriteerd en gefrustreerd voel, veral met ’n kollega of intieme vriend.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Intieme verhoudings lyk hierdie naweek moeilik terwyl ernstige verantwoordelikhede by pret en ligsinnigheid oorneem. Dit is dus die beste vir Bulle om verpligtings op ’n bekwame en nougesette wyse te onderneem.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Familieverhoudings lyk ingewikkeld omdat almal lyk of hulle aan ander se verwagtings tekortskiet. Jy het dus heelwat nodig as jy ongedeerd deur die naweek wil kom.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy op ander mense staatmaak om jou hierdie naweek aan te moedig en te steun, gaan jy teleurgestel word. Hulle het hul eie probleme om die hoof te bied, dus moet jy maar ’n selfstandige Kreef wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is gereed om uit te blink. Allerhande soorte aktiwiteite lyk gunstig, aangesien die son deur jou teken sprankel. Geldsake lyk egter problematies en kan ’n meer professionele benadering verg.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Verhoudings met familielede sal hierdie naweek frustrerend wees en hoe meer jy probeer om ander mense aan te jaag, hoe meer weerstand sal hulle bied. Geduld is die les wat Maagde tans moet leer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie te hard teenoor jouself – of ander mense – wees nie. Die strewe na volmaaktheid gaan baie frustrasie meebring, dus moet jy ontspan en dinge vat soos dit kom. Motorprobleme moet so gou moontlik aandag kry.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Beweeg jou geldsake een tree vorentoe en twee treë agteruit? Mars motiveer jou om ’n finansiële projek van stapel te stuur. Saturnus waarsku egter dat jy al jou huiswerk moet doen en die agtergrond deeglik moet nagaan.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met Saturnus wat skynbaar teen jou laer trek, is die kanse goed dat jy gefrustreerd en ongeduldig gaan raak oor iets hierdie naweek. Die beste manier om vertragings die hoof te bied, is om tot tien te tel en dan voort te gaan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Geesdrif en energievlakke sal laag wees omdat Saturnus alles vertraag. Hoe meer gestruktureerd en gedissiplineerd jy raak – wat jou sterk punte is – hoe meer hanteerbaar gaan die naweek eindelik wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is haastig om goed af te handel, maar moenie verras wees as afsprake op die laaste oomblik uitgestel of gekanselleer word nie. Verwag ook dat ’n hoofdoel of droom tydelik op die lange baan geskuif word.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mik daarna om die huidige balans tussen jou persoonlike en professionele lewe reg te kry. As jy te veel op werk fokus, gaan geliefdes moeilik en krities raak.