SATERDAG
JOU DAG

Kreatiwiteit en deernis gaan jou ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy win graag kennis in. Januarie en Februarie is die beste maande om by ’n verhoudingswebtuiste aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

SONDAG
JOU DAG

Verwag vandag effense kommunikasieprobleme.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy beskik oor ’n ontembare gees, en is vol draadwerk en oënskynlik dapper. Die volgende ses maande is die beste tyd om jou basiese selfrespek te rugsteun.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is aangename geselskap – as jy in die regte bui is. Met Jupiter in jou verhoudingsone, is dit tyd om ander mense te bekoor met jou lewendige geselsies en avontuurlike benadering.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Strewe hierdie naweek daarna om te ontsnap aan werkkwessies en die druk van die daaglikse lewe! Dit is tyd om die materiële geriewe van jou eie huis te geniet, terwyl jy die baie nodige vrede en stilte aangryp.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Ly jy aan ’n skaarste-sindroom? Venus en Neptunus moedig jou aan om geldsake uit ’n posisie van kreatiewe oorvloed te bekyk. Dan gaan jy meer geld na jou wêreld toe aanlok.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Gemaksugtige Krewe kan soms kortsigtig raak wat geld betref. En tans moedig Mars jou aan om ekstra roekeloos te raak met geld. Geniet dus hierdie naweek, maar moenie die bank breek nie!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Daar is hierdie naweek twee maniere om ’n huidige probleem te benader. Die eerste is ’n passievolle, proaktiewe benadering. Die tweede is ’n subtiele, sensitiewe en intuïtiewe benadering.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Verhoudings behoort hierdie naweek baie aangenaam te wees, aangesien die planete liefde, romanse, gesprek en gesellig verkeer aanspoor. Beplan dus ’n besige sosiale skedule terwyl jy meng, inskakel en hope pret het!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Met komplimente van Venus en Neptunus, loop kreatiwiteit, samewerking en deernis hierdie naweek hoog. Dit is dus ’n uitstekende tyd om ’n kreatiewe projek aan te pak, diplomatiese vredemaker te speel, of iemand in die nood te help.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hierdie naweek kan ’n florerende verhouding bepaald ’n romantiese wending neem. Of ’n kind, tiener of intieme vriend kan jou emosioneel maak met sy/haar vriendelike en deernisvolle benadering.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Hierdie naweek is oos wes, tuis bes, terwyl jy proaktief is met die oplossing van ’n huishoudelike kwessie of om ’n misverstand met ’n gesinslid. Kreatiewe projekte word ook bevoordeel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Venus, die vredemaker, besoek tans jou vennootskapsone. Dit is dus ’n wonderlike naweek om jou intieme verhoudings te verbeter of om probleme met ’n nukkerige kollega uit te stryk.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

As jy in ’n Finansiële Fantasieland lewe, kan jy dalk op pad wees moeilikheid toe. As jy egter geldsake met ’n slim en kreatiewe strategie benader, is sukses beslis moontlik.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Intieme verhoudings word hierdie naweek bevoordeel, terwyl die harmonieuse Venus jou help om ’n huidige probleem in ’n positiewe lig te sien. Jou verbeelding is ook hard aan die werk, so kry daardie kreatiewe sappe aan die vloei!

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.