Dit is wat jou sterre vir vandag voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Venus skuif vandag tot binne-in die Steenbok, wat verhoudings stabiliseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is magneties aantreklik en ander word gelok deur jou natuurlike charisma. 2017 is die jaar om jou seëninge te tel en groot drome te droom.

SONDAG

JOU DAG

Mercurius is nou in die Boogskutter – en dit bevoordeel opleiding en kommunikasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie kundig en het sterk menings oor byna alles. Vermy tog net die versoeking om jou neus in ander se sake te steek.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die nuuskierige Mercurius beweeg to binne-in jou avontuursone. Dit is dus ’n wonderlike naweek om iets nuuts te bestudeer. Of reis iewers heen – plaaslik, nasionaal of internasionaal – na ’n plek wat jou nog altyd bekoor het.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus skuif tot binne-in die ernstige Steenbok. Jou leuse vir die naweek kom dus van Neil Young, wat op 12 November gebore is: “Soos jy deur die lewe gaan, moet jy die valleie sowel as die pieke raaksien.”

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Alles draai nie hierdie naweek net om jou nie, Tweeling! Venus en Mercurius skuif tot binne-in jou verhoudingsone. Hoe meer jy dus op die behoeftes van geliefdes konsentreer, hoe gelukkiger gaan almal wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Venus besoek jou verhoudingsone en bly dan daar tot 7 Desember. Beplan dus iets ekstra romanties saam met jou maat. Enkellopende Krewe – soek liefde by ’n flink Weegskaal of ’n sexy Skerpioen.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit is ’n wonderlike naweek om plesierige aktiwiteite te deel met ’n beminde, kind of vriend. Of dit nou ’n fliek, ’n konsert, ’n heerlike ete of stimulerende geselskap is, dis tyd vir ’n bietjie gesamentlike pret.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Oos, wes, tuis bes! Gesinsake en huishoudelike projekte word bevoordeel terwyl Mercurius, jou heerserplaneet, tot binne-in jou tuistesone beweeg. Probeer dus jou bes om die kommunikasielyne wyd oop te hou.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Ons roep alle Weegskale! Jou kragplaneet, Venus skuif, Saterdag tot binne-in jou huishoudelike sone. Daar kan dus van jou verwag word om hierdie naweek troebel waters tuis te kalmeer – of vurige temperamente af te koel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met Mercurius in jou geldsone is dit nou tyd om jou finansiële kundigheid te verbeter. Venus bevoordeel ook die sosiale media. Jy kan dus jou kontantvloei verbeter via ’n aanlyn boodskap, promosie of spanpoging.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mercurius span met Saturnus saam in jou welsynsone; oefen en eet jy reg? Maak ook seker dat al jou mediese ondersoeke op die hoogte is. Dit verg dissipline om goeie gesondheid te handhaaf.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Venus, die lewenslustige plesierplaneet, storm die Steenbok binne. Dit verhoog jou romantiese sy en bevorder jou sosiale lewe. Water dus jou werkverslaafde sy ’n bietjie af en draai die sjarme aan!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

’n Doelwit of aspirasie gaan op die ys gesit word, maar dit is piekfyn. Dit gee jou ekstra tyd om dinge te deurdink en planne te kalibreer. As jy steeds twyfel, kyk na binne vir leiding en inspirasie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy wil graag ’n vriend(in) of kollega in ’n moeilike tyd steun. Maar moenie weggevoer raak of uitermate toegewyd raak en meer belowe as wat jy in werklikheid kan doen nie. Gee liewer een tree op ’n keer.

© Joanne Madeline Moore