SATERDAG

JOU DAG

Die Bul-maan is ten gunste van praktiese projekte en die soeke na produktiewe aangeleenthede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n intense siel met visie, maar weerstaan tog die versoeking om roekeloos en impulsief te raak. Vanjaar moet jy besin voor jy nuwe avonture aanpak.

SONDAG

JOU DAG

Streef daarna om die balans tussen dit wat jy wil hê en dit wat jy werklik nodig het, reg te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ernstig en dapper, en dit beteken jy het gereeld afsprake met die noodlot. Vanjaar is die jaar dat jy moet afkoel en ontspan, en jouself ook ’n bietjie minder ernstig opneem.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die maan beweeg deur die Bul-teken, dus moet jy die aardse energie hierdie naweek goed benut deur te beplan, te prioritiseer en geduldig te wees. Finansiële sake word begunstig, maar moenie oorhaastig wees nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Tree jy op soos ’n Bul op steroïde? Mik daarvoor om eerder slim en smeulend te wees as selfbehep en uitspattig. Venus gee aan groepaktiwiteite ’n welkome hupstoot terwyl jy by sielsgenote aansluit.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy hierdie naweek ’n bietjie gespanne voel, ontspan met ’n bietjie meditasie, bepeinsing, joga, musiek, lees of lang wandelings in die natuur; enigiets wat jou sal help om kalm te word en jou kop oop te kry.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Uitgeslape Krewe, uitstekende professionele of finansiële geleenthede duik op, maar jy sal moet uitwerk presies wanneer die beste tyd is om toe te slaan. Jy kan slim raad oor sakeaangeleenthede by ’n vriend kry wat oorsee woon.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou Leeu-magnetisme en -oorredingsvermoë is vurig, dus is dit ’n goeie naweek om met ’n nuwe idee vorendag te kom of ’n guns te vra. Venus help jou om intuïtief te weet hoe om die regte ding aan die regte mens te sê.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Was jy met ’n geliefde of ’n kollega in ’n rusie betrokke? Venus spoor jou aan om meer diplomaties te wees. Soms is dit nodig om ’n minder belangrike veldslag te verloor ten einde die oorlog te wen.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou heersende planeet, Venus, skuif tot in die Visse-teken, en bly daar tot 5 April. Dit sal jou help om jou daaglikse take met meer kreatiwiteit te benader en lei ook tot verbeterde verhoudings met kollegas.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Netwerkvorming – persoonlik en deur sosiale media – is ’n wonderlike manier om jou boodskap oor te dra. Wat besigheid en geldsake betref, maak seker jy lees die fyndruk.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters is nou nie juis besonder gesteld op hul huis nie, maar met Venus wat jou huissone besoek, is dit ’n goeie naweek om jou tuiste aan die kant te maak en stylvol te onthaal. Vars blomme is absoluut noodsaaklik.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Kommunikasie is hierdie naweek die wagwoord, terwyl jy stylvol rondbeweeg. Pak enige taak aan wat stamina, vasberadenheid en fokus verg. Ná ’n welgedane taak kan jy ontspan.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus wat tot in jou geldsone beweeg, moet jy bedag wees op die neiging om geld kwistig te bestee en spandabel te raak. ’n Aangename inkopietog kan dalk later tot ’n ernstige probleem lei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus, die plesierplaneet, skuif tot 5 April in jou teken in. Dit is dus ’n uitstekende naweek om die goeie dinge in die lewe te geniet, soos goeie kos en wyn, sosiale lewe, inkopies, hare- en skoonheidsbehandelings.