SATERDAG

JOU DAG

Jy het vandag goeie sterre vir besigheid, handel, opleiding en reis.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy selfversekerdheid trek ander by jou wêreld in. Wees in 2016 minder kompulsief en meer ontspanne.

SONDAG

JOU DAG

Dis ’n goeie dag om papierwerk in te haal of huishoudelike takies te verrig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n perfeksionis, maar onthou: daar is ’n fyn lyn tussen deeglik en eenvoudig vitterig wees. Leer om te ontspan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die rustelose Ram is in die bui vir reis en verken omdat die naweeksterre jou avontuursone aktiveer. Jy kan ook in jou gedagtes reis met die hulp van boeke, flieks en musiek.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die fokus is die naweek op die liefde, huwelik, vreemde plekke en pret. Probeer ekstra gulhartig en ondersteunend wees wanneer jy geliefdes help om hul drome tuis en op ander plekke te bewaarheid.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Hoe meer jy met geliefdes praat hoe beter sal die naweek wees. Maak dus seker jy hou die kommunikasiekanale oop. Die omstandighede is ook goed vir studie en reis.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is lus om die naweek te geniet – of jy nou eet, drink, liefde wys, inkopies doen of net lui is. As jy meegvoer raak, kan dit jou later duur te staan kom.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die naweek se sterre vermeerder jou selfvertoue. Bekommernisse en spanning gly soos water van die eend se rug af. Jy hanteer wat ook al na jou kant toe kom met egte Leeu-styl.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Is dit tyd om mooiweersvriende uit jou lewe te skuif? Omring jou met mense wat jou selfversekerd laat voel, jou talente bevorder en jou ondersteun wanneer die lewe moeilik raak.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Het jy ’n probleem? Jy kan baie by ’n ouer en wyser familielid leer. Moenie jou binnestemmetjie ignoreer nie. Intuïsie kan baie vrae beantwoord wat logika nie kan nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy moet die moed hê om na jou intuïsie te luister, want dit sal jou in die regte rigting lei. Moenie halsoorkop wees en kortpaaie kies met persoonlike sake en gesamentlike geldsake nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie jou aan kritiek steur nie. Hou aan fokus op die toekoms. Jou motto is tans Frank Sinatra, wat Saterdag verjaar, se woorde: “Die beste wraak is dawerende sukses.”

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is jy oorwerk? Die son, maan en Saturnus beweeg deur jou sielsone en stil oorpeinsing is nodig. Jy vat dit stadiger en dink oor waarheen jy op pad is.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die naweek se sterre stimuleer jou sone vir hoop en wense. Nou is die tyd om jou doelwitte en drome met ander te deel en dan te begin om hulle in werking te stel.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie ’n uitdaging alleen aanpak nie. Sluk jou trots en vra hulp by ander. Hulle sal die geleentheid om te help waardeer.