pisces-hg-w

SATERDAG

JOU DAG

Die Maan is in die teken van die Maagd; dis bevorderlik vir gesonde oordeel en deeglike organisasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou natuurlik sjarme is moeilik om te weerstaan. Wees vanjaar minder besitlik en gun geliefdes die nodige ruimte.

SONDAG

JOU DAG

Die Volmaan in die Maagdteken beteken die tyd is nou geleë om projekte of take af te handel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met dié dat jy gebore is op die diereriem se dag van die groot sprong, is jy waaghalsig en idealisties. Maak net seker die kanse wat jy waag, is goed berekend.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die Volmaan gee jou meer energie, maar maak jou ook geduldiger. Jou tenk is al ’n tydjie leeg; pas jou gesondheid dié naweek dus ekstra versigtig op. Sit tog ook ’n wag voor jou mond.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wees nou buitengewoon gevoelig vir jou maat, kinders, tieners of vriende se behoeftes, want die Volmaan kan lei tot uitbarstings of emosionele ineenstortings. Jou kalmerende invloed is nou broodnodig.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die Volmaan is in jou huishoudelike sone; kry dus jou sake tuis reg en durf enige taak aan met jou gebruiklike ywer. Moet net nie skinderstories aandra of oorhaastig tot gevolgtrekkings kom nie, want dit kan jou diep in die sop laat beland.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit is tyd om te kommunikeer en idees met ander mense uit te ruil terwyl jy die beste maak van jou slim Kreef-verstand. Maar as jy kort van draad of buierig is, gaan jy ’n uitdagende naweek hê.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Was jy verantwoordelik met geld? Die Volmaan vuur jou geldsones aan en spoor ook jou geneigdheid aan om roekeloos te raak met kontant. Maar jy gaan bes moontlik later impulsiewe aankope berou.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Geliefdes eis jou aandag, maar die Volmaan spoor jou aan om ook tyd vir jouself in te ruim. As jy jou belangstellings en passies nastreef, sal jy die mense om jou meer kan bied.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Bring hierdie naweek ’n bietjie gehaltetyd in jou eie geselskap deur, want die Volmaan verhelder jou afsonderingsone. Wat gesondheid betref, kort jou daaglikse dieet en fikheidsroetine dalk ’n paar fyn verstellings?

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy het ambisieuse planne en doelwitte vir die toekoms, maar soms jy jou terug uit vrees vir foute maak. Die Volmaan moedig jou aan om dapper en reguit te wees en te reik na die sterre!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Kollegas of gesinslede gaan hierdie naweek baie van jou tyd verg. As jy egter meer belowe as wat jy realisties kan lewer, gaan almal op die ou end teleurgestel word.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Voel jy rusteloos en reg vir ’n groot avontuur? Die Volmaan dui aan dat ’n reis binne die volgende nege maande op jou wag. Vermy egter die versoeking om hierdie naweek ander mense te treiter en te kritiseer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verbonde Waterdraers – die Volmaan is in jou intimiteitsone; dus is dit tyd om passievol te raak met jou maat. Enkellopendes – soek liefde by ’n gesellige Tweeling, ’n lustige Leeu of ’n sexy Boogskutter.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Trap suutjies met ’n geliefde, aangesien onopgeloste kwessies effense stres kan veroorsaak. Probeer die situasie uit sy/haar oogpunt beskou. As jy liefde soek, moet jy prakties en geduldig wees.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017