SATERDAG

JOU DAG

Hoe meer georganiseer jy is, hoe minder verward sal jy voel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n baie positiewe mens, maar jy kan ook dinge te ver druk. 2016 is die jaar om minder te strewe en meer te ontspan terwyl jy die geselskap van familie en vriende geniet.

SONDAG

JOU DAG

Dink vandag aan ’n manier om diensbaar te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n rustelose siel; dus is dit belangrik dat aan die gang bly en geestelik aanhou leer. Oktober en November is uitstekende maande vir die liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is ’n goeie naweek om sleurtakies en werkies om die huis of by die werk af te handel. Motivering is hoog en – as jy hard werk – sal jy daarná steeds tyd oorhê om iets te doen wat jy regtig geniet.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie ’n onbetroubare vriend wees nie. Hoe meer jy vriendskappe koester, hoe meer maats sal jy hê en hoe meer betrokke sal jy voel. Luister ook mooi na wat ’n kind of ’n tiener te sê het.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou verbeeldingryke, intuïtiewe persoonlikheid skyn hierdie naweek helder aangesien Mercurius deur jou sielsone beweeg. Die tyd is dus geleë om te mediteer, beplan, skryf en skilder of ’n fantasieverhaal te lees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Saturnus moedig jou aan om meer verantwoordelikheid te aanvaar vir jou liggaamlike welsyn. Mik dus daarna om jou liggaam met gesonde kos en gereelde oefening op te bou. Gedissiplineerde pogings nou sal later vrugte afwerp.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Moenie aanvaar dat jy al die antwoorde ken nie, Leeu. Hierdie naweek kan jy tot waardevolle insigte kom deur middel van ’n ou familielid of ’n betroubare mentor. Jy kan ook heelwat by ’n jare lange vriend(in) leer.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat ’n verwarrende verhoudingskwessie betref, moet jy nie alleen daaroor tob nie. Jy gaan die sal en insette van ander mense – onder wie familielede – nodig hê as jy die beste besluite wil neem.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Kreatiewe Weegskaal, jy het ’n vrugbare verbeelding; dus moet jy die beste maak van hierdie naweek. Wat ’n sakie tuis betref: daar gaan baie meer aan met ’n gesinslid as wat dit voorkom.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy bekommerd is oor ’n finansiële saak, maak seker jy gaan alles behoorlik na voor jy aanbeweeg. Met Jupiter wat jou netwerksone besoek, sal sjarme, selfvertroue en vriende jou ver bring.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Daar gaan nuwe ervaringe en geleenthede aan die werkfront opduik; dus moet jy jou oë en ore oophou, Boogskutter. Dinge gaan egter nie werklik aan die gang kom voor Mars nie op 29 Junie vorentoe begin beweeg nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is, wil graag hierdie naweek met ’n wye verskeidenheid mense kommunikeer. Sommige Steenbokke sal iemand uit die verlede raakloop, terwyl ander weer met ’n uitverkore oorsese vriend kontak sal maak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die sterre is gunstig vir samewerking met kollegas by die werk of met geliefdes. Elke stukkie inligting – en vrygewigheid met jou tyd – sal jou in die komende weke in ’n gunstige posisie plaas.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy wil mense graag help, maar moenie toelaat dat hulle misbruik maak van jou vriendelike en simpatieke geaardheid nie. Maak seker dit werk in albei rigtings. Die sterre is ook gunstig om saam met familie en vriende te kuier.