SATERDAG
JOU DAG
Kom uit jou gewone roetine – avontuur en verandering is op vandag se program.

AS JY VANDAG VERJAAR
Oor die volgende 12 maande is die wêreld vir jou oop; weerstaan jou behoefte om te sloer. Wys aan ander waartoe jy in staat is.

SONDAG
JOU DAG
Die aardse Steenbok-maan sal vandag help om jou emosies te stabiliseer.

AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is ’n positiewe mens, maar kan soms opdringerig wees. Wees vanjaar minder hardkoppig en meer sensitief en spontaan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die sterre voeg heelwat sprankel en vuur in ’n intieme verhouding. Jy moet pret hê saam met ’n geliefde en huishoudelike dramas los vir ’n ander tyd. Jou gedagtes is aan die brand; maak seker jy benut dit.

BUL, 21 Apr.-21 Mei
Het jy in ’n sieldodende groef vasgeval? Die sterre moedig jou aan om meer avontuurlik te wees; skop jou gemaklike skoene uit en spring. Wat liefde betref, kan jy die onverwagte verwag.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Geld- en sakeprojekte lyk gunstig. Jy eksperimenteer met ’n nuwe benadering wat dalk kan werk. Skeppende idees en kreatiewe kommunikasie is die geheim om ’n transaksie te beklink.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Dit is tyd om uit jou gemaksone te bars. Jy is aangetrokke tot ongewone onderwerpe, interessante mense en plekke. Ontspan en doen ’n slag iets anders.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Jy het ’n sterk behoefte daaraan om die naweek ander mense te help. Venus versterk jou selfvertroue en help jou om meer positief oor jou loopbaan te voel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Die planete aktiveer jou avontuurlike sy; jy sal die naweek rusteloos voel. Alle soorte oefening en buitemuurse aktiwiteite lyk gunstig. Opgewekte Maagde sal hul energie na fisieke aktiwiteite kanaliseer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Die Venus/Mars-verbinding plaas romantiese verhoudings in die kollig en jy kan maklik verlief raak. Dit is ’n wonderlike naweek om nuwe persoonlike en professionele horisonne saam met ’n entrepreneursvriend te verken.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Die naweeksterre lyk gunstig om ’n vervelige huishoudelike roetine op te kikker. Jy kry kreatiewe maniere om daaglikse takies meer prettig en genotvol te maak. Liefde en romanse word uitgelig.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Moenie verhoudings as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit is tyd om uit te brei na opwindende nuwe terreine saam met jou maat, gewese geliefde, vriend, sakevriend, kennis of ’n sielsgenoot by die werk.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Moenie skaam wees nie. Streef daarna om jouself te bevorder; jy kan persoonlik en professioneel naam maak. Jy kan heelwat wen deur kreatiewe idees met ’n geskikte kollega te deel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Jou boheemse geaardheid kom na vore. Die sterre verlig jou eksentrieke sy. Skakel in by die avontuurlike Waterdraer wat jy van geboorte af is en bekoor ander mense.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Dit is ’n uitstekende tyd om fisieke en geestelike spinnerakke af te skud. Jy is in die bui om avontuurlik te wees en passievol te raak oor ’n opwindende nuwe stokperdjie, ’n aanlyn projek of ’n plaaslike gemeenskapsprogram.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017