SATERDAG

JOU DAG

Daar kan ’n effense konflik kom tussen idealisme en realisme.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n verantwoordelike en praktiese mens met die vermoë om dinge aan die gang te hou. In die volgende 12 maande moet jy leer om heelwat minder te stres en baie meer te ontspan.

SONDAG

JOU DAG

Moenie toelaat dat jaloesie vandag probleme in ’n verhouding veroorsaak nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboortedag op die sterretekens se Dag van Dramatiese Keuses, kan die lewe voel soos ’n wipwarit. Probeer dus om minder te oordeel en meer te aanvaar terwyl jy leer om te ontspan en saam met die stroom te beweeg.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel dalk hierdie naweek emosioneel kwesbaar, maar moenie dinge vererger deur buierig te wees en kragvertonings te lewer nie. Leer om te onderskei tussen wat noodsaaklik en wat oorbodig is.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Gebrek aan fokus, rigting en diskriminasie kan hierdie naweek jou vaart verminder en jou verwar. Bulle is betroubare mense, maar moenie toelaat dat ’n twyfelagtige kennis jou op die gevaarlike pad na moeilikheid lei nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Daar is tans dalk effense verwarring tussen verantwoordelikhede ten opsigte van ’n verhouding en werkskwessies. Maak dus seker jy trek duidelike grense tussen dit wat persoonlik en dit wat professioneel is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan effense spanning te wagte wees tussen persoonlike, professionele en verhoudingsverantwoordelikhede. Om jou sienings op ander mense te probeer afdwing, gaan nie hierdie naweek werk nie, Krewe. Julle sal agterkom dat koel kompromis die sleutel is.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Geldsake lyk hierdie naweek ingewikkeld omdat ekstra uitgawes opduik of krake in ’n finansiële vennootskap verskyn. As jy nie dinge self kan uitsorteer nie, kry ’n professionele persoon wat kan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Intieme verhouding met ’n geliefde raak hierdie naweek baie deurmekaar, aangesien nie een van julle seker is waar julle staan nie. Om dit uit te sorteer, sal jy prakties en meelewend moet wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Hiedie naweek gaan stresvol wees vir baie Weegskale, want moeilike planetêre patrone ry jou gewoonlik onberispelike diplomatiese maniere in die wiele. Dit gaan onmoontlik wees om almal om jou tevrede te stel – so moenie eens probeer nie!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat finansiële sake betref, moet jy hierdie naweek ekstra versigtig en konserwatief wees. Bespreek dinge met ’n wye verskeidenheid bewese kenners voordat jy tot ’n besluit kom en iets onderteken.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Saturnus – wat jou teken besoek – is gelyk met Neptunus, dus moet jy maar ’n naweek vol ontstellende onsekerheid verwag. Hoe minder verantwoordelik en georganiseerd jy is, hoe meer verwarrend gaan dinge wees!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit kan voel asof die hele wêreld se bekommernisse dié naweek op jou afkom omdat Saturnus – jou heersende planeet – gelyk lê met newelagtige Neptunus. Moet dus nie dinge vererger deur oorkrities te wees nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die welvarende Saturnus en die newelagtige Neptunus krap jou finansiële sones om, dus lyk jou geldsake regtig deurmekaar. Maak dus seker jy sit ekstra geld eenkant weg om jou deur te help wanneer dinge begin knyp.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy wil graag terugkruip in jou eie privaat fantasiewêreld en is gretig om aan probleme te ontsnap en die naweek om te dagdroom. Saturnus gaan jou egter met ’n onwelkome realiteitskok terugbring aarde toe.

© Joanne Madeline Moore