Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

SATERDAG

JOU DAG

Kommunikasie sal verbeter met Mercurius wat vorentoe beweeg.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het baie kreatiewe talent, maar gebruik jy dit? Moenie bang wees om foute te begaan nie, want dit kan jou na ’n nuwe, opwindende gebied lei.

SONDAG

JOU DAG

Moenie dit persoonlik opneem as ander vandag onvriendelik is nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gebore op die diereriem se dag vir minsaamheid en gemak. Jy het natuurlike sjarme wat ander nie kan weerstaan nie. Moenie dit as ’n verskoning gebruik om lui en selfvoldaan te word nie!

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Kommunikasie behoort te begin verbeter terwyl Mercurius vorentoe beweeg in jou vennootskapsone. Doen wat jy kan om meningsverskille uit te stryk en laat sake ’n positiewe rigting inslaan.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Saturnus ry kommunikasie in die wiele. Jy voel die naweek verwyderd van ’n geliefde. As jy geduldig is en begrip toon, sal sake geleidelik verander.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Mercurius, jou heerser, beweeg weer vorentoe. Aktiwiteite wat kommunikasie, rekenaars en reis behels, behoort te verbeter terwyl jy geleidelik weer invloed kry.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius beweeg nou vorentoe, maar dit sal ’n paar dae neem voor kommunikasie met geliefdes verbeter. Jy sal dus geduldig moet wees. Goeie dinge gebeur met diegene wat wag!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Ander verwag dat jy slim oplossings sal uitdink. Jy sal dus moet dink, Leeu. Moenie sake op die ou manier hanteer nie – probeer om met nuwe idees vorendag te kom.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die volgende paar weke is ’n goeie tyd om vir ’n lening aansoek te doen, aandele te koop, kontrakte te onderteken of jou begroting te verander terwyl Mercurius vorentoe beweeg in jou geldsone. Wees proaktief oor jou toekomstige geldsake.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy het die vermoë om presies te sê wat in jou gedagtes omgaan terwyl Mercurius in jou teken vorentoe beweeg. Kies jou woorde wys, want hulle het die mag om ander emosioneel aan te raak.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is in ’n grootmoedige bui en bied emosionele steun aan die mense om jou. Dis ook tyd om van jou gewone naweekroetine weg te breek en iets avontuurliks en prettigs te doen.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met Mercurius wat nou vorentoe beweeg, sal groepsaktiwiteite verbeter – almal werk saam om ’n bevredigende uitkoms te verseker. Maak tyd om waarlik te luister na wat ander sê.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Weerstaan die versoeking om jou die naweek terug te trek en buierig te wees om jou emosionele onsekerheid weg te steek. Duidelike, eerlike kommunikasie sal jou heelwat verder bring as stuursheid.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Verwag die onverwagte. Verhoudings kan jou verras en sake is nie heeltemal soos dit lyk nie. Begin solank jou volgende vakansie beplan met Mercurius wat vooruit na jou reissone beweeg.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie kosbare tyd mors deur uit te stel nie! Mercurius beweeg vorentoe – sê dinge soos dit is. Maak seker jy is 100% eerlik met ander en hou hulle op hoogte van jou planne.