SATERDAG

JOU DAG

Streef daarna om die balans tussen spontaniteit en struktuur te handhaaf.

AS JY VANDAG VERJAAR

As Boogskutter beskik jy oor ’n stil, innerlike kalmte wat ander mense bemoedig. 2017 is die jaar om meer te sosialiseer en minder te tob.

SONDAG

JOU DAG

Moenie haastig raak nie. Stadig en bestendig is vandag se wenresep.

AS JY VANDAG VERJAAR

2017 is die jaar om met nuwe perspektief na die lewe te kyk. As iets nie werk nie, kry die moed om na produktiewer weivelde te beweeg.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie probeer hardloop voor jy kan loop nie. Jy jeuk om te gaan, maar die sterre moedig jou aan tot ’n bietjie kreatiewe denke voor jy instorm en dinge verander. Streef daarna om die groter prentjie te sien.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die meeste mense gaan haastig wees, onophoudelik praat en sommiges kan dalk ongeduldig raak met jou tekort aan momentum. Moenie bekommerd raak nie. Hou net by jou eie, bestendige spoed.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Verhoudings met familie en vriende sal hierdie naweek uitdagend wees. As jy ’n positiewe uitkyk behou en kreatief is met probleemoplossings, sal alles goed afloop.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Sukkel jy om met ander mense te kommunikeer? As jy ’n benadering van deernis met goeie luistervermoëns kombineer, sal jou verhoudings met rasse skrede verbeter.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die Son/Saturnus-verbinding sal waarskynlik jou veeleisende diva-sy na vore bring. Jy is ook geneig om kort, reguit en saaklik te wees. Slim Leeus sal mik na ’n meer demokratiese en diplomatiese styl.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie vandag logies en rasioneel wees nie. Die sterre moedig jou aan om jou verbeelding in te span terwyl jy in dagdromery verval en jou intuïsie toelaat om ’n probleem wat jou pla, op te los.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Kreatiwiteit is belangrik. Jy skakel in by jou intuïsie en verbeelding. Moenie toelaat dat jou neiging tot los praatjies tussen jou en ander mense kom nie. Dit is tyd vir slim Weegskale om af te koel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat ’n huidige finansiële geleentheid of ’n geldkwessie betref: As iets te goed lyk om waar te wees, is dit waarskynlik die geval. Skerpioene vaar altyd die beste as hulle ’n geduldige oog op langtermynsake hou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy help graag ander mense, maar moenie meegevoer raak en meer belowe as wat jy met gemak kan lewer nie. Wat ’n finansiële saak of ’n gesinskwessie betref, laat jou intuïsie jou lei.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie te oorheersend wees nie. ’n Inklusiewe benadering gaan jou vinniger bring waar jy wil wees. Kommunikasie met ander mense gaan vrugte afwerp, solank jy jou tyd gebruik om na hul bekommernisse te luister.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Iemand in jou portuurgroep – persoonlik of aanlyn – waardeer dalk nie jou omstrede standpunte nie. Moenie toelaat dat dit jou pla nie. Op die ou end moet jy jou tog op jou eie, unieke manier uitdruk.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kreatiwiteit en kommunikasie is gonswoorde. As jy linkerbrein-logika met regterbrein-intuïsie kombineer, sal jy hierdie naweek verbasend baie sukses behaal.

© Joanne Madeline Moore