SATERDAG

JOU DAG

Die sterre moedig nie snoesige kontak aan nie; konsentreer liefs op individuele projekte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou motto vir die komende jaar kom van wyle prinses Diana, wat op 1 Julie 1961 gebore is: “Elkeen het die potensiaal om iets terug te gee.”

SONDAG

JOU DAG

Hoe hardkoppiger jy vandag is, hoe meer gaan jy met ander mense koppe stamp.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met Uranus in jou beroepsone moet jy probeer om minder van ’n beheervraat en meer spontaan te wees. In die volgende 12 maande moet jy uit die groef kom en jou hand aan nuuts waag.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vermy die versoeking om vinnig tot ’n slotsom te kom en baasspelerig te wees, veral wat geliefdes of gesagsfigure betref. Jy het dalk meer afgebyt as wat jy kan kou.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Venus besoek jou teken; daarom voel jy lus vir inkopies. Is dit ’n goeie idee? Saturnus drentel deur jou gedeeldehulpbronsone. Hou dus die toekoms in gedagte.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

’n Intieme verhouding kan onder druk kom, Sit ’n wag voor jou mond dat jy nie iets onvanpas uitblaker nie. Dit is beslis ook nie die regte tyd om grappies te maak nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer jy ander probeer beheer, hoe meer gaan hulle van jou wegskram. Emosionele magstruwelinge kan voorkom omdat ’n geliefde probeer wegbreek.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie toelaat dat skuldgevoelens of jaloesie jou menseverhoudings vertroebel nie. Probeer in alles oop en eerlik wees. In dié stadium is jy die een wat die situasie in die wiele kan ry.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan ’n onderonsie hê met ’n kind, tiener, beminde of pel. Probeer perspektief behou en genaakbaar wees sodat die saak nie uit verband geruk word nie.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Al wil jy hê alles moet die naweek vlot, gaan dit nie gebeur nie. ’n Intieme verhouding gaan ingewikkeld raak. Probeer ontspan en vat dinge soos dit kom.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Magstruwelinge van jou kant af gaan net tot langdurige drama lei. Met Venus wat jou verhoudingsone besoek, moet jy die oorlogspad verlaat en liewer daarna streef om heelwat meer behulpsaam en raadgewend te wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie te hard op jouself wees of toelaat dat deurmekaar senuwees jou keer om iets te doen wat jy nog altyd wou nie. Jy is in ’n obsessiewe bui, maar moet jou nie oor nietighede kwel nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis moeilikheid soek om mense hierdie naweek te probeer beheer. Hoe meer outoritêr jy is, hoe moeiliker gaan dinge raak. ’n Aanmatigende familielid gaan jou geduld beproef.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Jy wil met ander gesels en kommunikeer, maar is hulle lus om te luister? Konsentreer op individuele projekte, want geliefdes is hierdie naweek in hul eie probleme vasgevang.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer om nie betrek te word by ander se obsessies en intensiteit nie. Spits jou toe op jou doelwitte en aspirasies en motiveer jouself dan om tot aksie oor te gaan. Uitstel gaan jou vinnig niks in die sak bring nie.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.