SATERDAG

JOU DAG

Maak vandag seker dat jy kan onderskei tussen feit en fiksie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou toewyding en waardigheid, is jy graag die bobaas. 2017 is die jaar om meer harmonie en balans in jou besige wêreld in te bring.

SONDAG

JOU DAG

Die Maan en Uranus roer vandag innerlike rusteloosheid aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vol sêgoed en het die vermoë om ander te bekoor en te inspireer. Jy moet die volgende 12 maande regtig finansiële vooruitgang maak.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is vol opwindende planne, maar keer dat jou aandag afgelei word. Hoe meer gemotiveer en proaktief jy raak, hoe beter gaan die naweek word. Stuur op ’n ferm en vaste koers af op die toekoms van jou keuse.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Romanse word uitgelig terwyl Venus en Neptunus jou vriendskapsone stimuleer. Enkellopendes – kan jy onderskeid tref tussen kontak met ’n sielsgenoot en ’n afspraakramp? Laat jou intuïsie jou lei.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Duidelike kommunikasie en geduldige volhouding sal verhoudings verander en verryk. Enkellopendes – liefde en werk is aanmekaargekoppel terwyl jy ’n kollega of kliënt in ’n romantiese lig beskou.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Intieme vriendskappe word bevoordeel terwyl jy skeppende maniere vind om inligting met ander te deel. Moenie probleme vermy nie. Hoe meer proaktief jy raak, hoe meer sal ander luister na wat jy te sê het.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Wat gedeelde finansies betref, verskil jou idees van jou maat, familie of bankbestuurder s’n. Moet dus nie enige groot besluite neem voor almal nie van dieselfde blad af sing nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

As jy jou tyd gebruik om duidelik met familie en vriende te kommunikeer, sal jy hierdie naweek die vrugte pluk. Geesdrif loop ook hoog terwyl jy ’n skeppende projek of gesamentlike poging aanpak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou verbeeldingsvlugte skiet hierdie naweek die hoogte in terwyl jy groot drome droom. Onthou net om planne in dade om te sit. Daar moet ’n fyn onderskeid getref word tussen skeppende inspirasie en wensdenkery.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie jou aandag laat aflei nie of oorreed word om iemand anders se droom na te jaag nie. Kry die moed, oordeelsvermoë en vasbeslotenheid om jou eie paadjie uit te lê en jou eie kreatiewe drome na te jaag.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Beroepsprojekte word bevoordeel terwyl jy op die hoogte kom met agterstallige werk. Moenie alles glo wat ’n familielid jou vertel nie. Gaan die feite eers deeglik na voor jy jou mening lug.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke is in die bui om te kommunikeer, af te rig, lesings te gee, te skryf of navorsing te doen. Ruim tyd in om te verseker dat die boodskap wat jy wil oordra, dieselfde een is as wat hulle ontvang.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die klem val vandeesweek op geldsake. Moenie jou kop in die sand druk nie, Waterdraer. Hoe meer kreatief en proaktief jy jou neseier versorg, hoe meer gaan dit geleidelik groei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kreatiewe inspirasie loop hierdie naweek hoog, maar moenie so meegevoer raak dat jy jouself om die bos lei en reguit afpeil op die wêreld van die fantasie nie. Hou jou kop tussen die sterre en jou voete op die grond.

© Joanne Madeline Moore