Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

aries-hg-w

SATERDAG

JOU DAG

Die sterre laat jou gedagtes op praktiese projekte fokus.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vanjaar is ’n uitstekende jaar om ambisieuse doelwitte te stel, asook om jou sterk punte te vier en aan jou swakkes te werk. Dan sal jy onstuitbaar wees.

SONDAG

JOU DAG

Streef daarna om vandag emosioneel ontvanklik en geestelik buigsaam te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n idealis en het ’n uitmuntende verbeelding. Die volgende 12 maande is die tyd om jou energie na ’n groot, kreatiewe projek te kanaliseer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die son, Uranus en die terugbewegende Venus is in jou teken, en dit spoor jou positiewe – sowel as negatiewe – punte aan. Kommunikasie en kompromieë kan jou verder bring as baasspelerigheid.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius en Mars is in jou teken. Dit moedig jou aan om uitdagende doelwitte vir die toekoms daar te stel. Moenie toelaat dat vrees of mislukking jou daarvan weerhou om jou drome te bereik nie. Wie nie waag nie, sal nie wen nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Hardloop jy soos ’n afkophoender rond? Met Mercurius en Mars wat deur jou afsonderingsone beweeg, is dit tyd om te ontspan, spoed te verminder en dinge om jou te begin waarneem.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius en Mars beweeg deur jou netwerksone. Dit is belangrik om so duidelik as moontlik en so gereeld as moontlik met familie, vriende, kollegas en professionele kontakte te kommunikeer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit is ’n goeie naweek om saam met kollegas te kuier. Probeer om nie ’n intieme vriend kwaad te maak deur te reguit te wees nie. Mercurius en Mars moedig jou aan om meer prakties as gewoonlik te wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius beweeg deur jou opvoedingsone. Jy is op jou feitevind-beste en op jou slegste as hareklower. Mik daarna om eerder die glas as half vol as half leeg te sien.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Intieme verhoudings is in die kollig. Moenie toelaat dat emosies jou lewe beheer nie, maar moet dit ook nie onderdruk nie. Balans is die sleutelwoord terwyl jy betekenisvol met ’n spesiale mens omgaan.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius span saam met Mars in jou verhoudingsone, dus is dit tyd om aan die gesels te raak met geliefdes. Jy sal ook proaktief moet wees met die oplos van ’n vriendskapsprobleem, of met die begin van ’n nuwe romanse.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Om baasspelerig te wees die naweek sal jou nêrens bring nie. ’n Bietjie fisieke oefening jou sal help om op ’n positiewe en praktiese wyse van oortollige energie ontslae te raak.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy floreer daarop om ’n selfstandige Steenbok te wees. Hoe meer jy egter met ander mense kommunikeer en kontak maak, hoe beter gaan die naweek raak. Skakel in by die kreatiewe talente oral om jou.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Streef hierdie naweek daarna om spontaan, eerder as roekeloos en geesdriftig te wees. ’n Vrygewige familielid is gretig om jou te help, moet dus nie te trots wees om hulp te vra nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius ontmoet Mars in jou buurtsone. Dit is ’n goeie tyd om op ’n meer aktiewe manier tot jou plaaslike gemeenskap by te dra. Opvoeding en sosiale media word ook die naweek beklemtoon.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017