JOU DAG

Die motto vir vandag is: Die onbeskaamde dapperes is dikwels meer voorspoedig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy word gou verveeld en uitdagings trek jou aan. Maar jou stresvlakke kan die hoogte in skiet. Probeer dus om die jaar wat voorlê gereeld te ontspan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se sterre is goed vir jou onafhanklike streep en wakker jou begeerte vir vryheid en avontuur aan. Maar dit laat ook jou baasspelerige kortaf kant ontwaak. Probeer dus om ’n diplomatiese waaghals te wees!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Duidelike kommunikasie is die sleutel tot die gewenste uitkoms wat ’n intieme verhouding met ’n gesinslid betref. Dis tyd dat jy die bul by die horings pak en buite die boks dink!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Nuuskierige Tweelinge is in die bui vir studeer, leer, reis, ontdek en kommunikeer – veral via sosiale media. Uranus moedig jou aan om avontuurlustig te wees en jou drome na te volg.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie te veilig speel met werk-, besigheid- en geldkwessies nie. As jy twyfel, sal jy goeie geleenthede misloop. Sulke geleenthede kom dikwels uit die mees onverwagte oorde.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met Venus wat vorentoe beweeg in die Leeu-teken is jy op jou geselligste en sexyste. Jy bekoor die sinuci en verbyster die skeptici. Enkellopendes kan liefde soek by iemand wat ’n ware individu is.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy het ’n perfeksionistiese streep, is tegnies bekwaam en is goed daarmee om die klein detail op te merk. Vandag moet jy uit jou gemaksone beweeg en meer in voeling met jou gevoelens kom.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy is lus om oor ’n wye verskeidenheid kwessies te gesels. Kupido se pyltjie kan enkellopendes tref wanneer hulle dit die minste verwag. Weegskale in ’n verhouding moenie hul geduldige maat as vanselfsprekend aanvaar nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie jouself toelaat om vandag verveeld te wees nie. ’n Nuuskierige, innoverende benadering sal sprankel by jou werk voeg en jou belangstelling daarin prikkel. Maak seker jy kry oefening – verkieslik buite.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die omstandighede is goed vir allerhande soorte reis terwyl jy jou gewone grense oorsteek en na nuwe, opwindende gebiede gaan. Studie, onderrig en netwerk sal ook jou wêreld vergroot.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die ligging van dinamiese Mars met Uranus skep wonderlike omstandighede om met innoverende planne en projekte te begin. Jou uiterlike en innerlike behoeftes is vir ’n verandering in harmonie. Benut dit ten volle.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Verwag die onverwagte! Waterdraers wat in ’n verhouding is, kan iets heeltemal ongewoon saam met hul maat doen. Vir enkellopendes kan ’n langtermynvriendskap skielik romanties word.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie toelaat dat vae selftwyfel jou afrem nie. Gebruik jou gesonde verstand om praktiese projekte aan te pak wat jou ’n positiewe, nuwe rigting laat inslaan. Moenie uitstel nie!