Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Die komende jaar jaar bring jou by ’n vertrekpunt uit. Dit is ’n tyd waarin jy ’n belangrike besluit oor jou lewensrigting neem. Dit gaan ’n lonende jaar wees waarin jy hard sal werk.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens gaan ’n harde werker wees wie se eindelike doelwit volmaaktheid is. Hulle gaan take vinnig maar perfek wil afhandel. Hulle gaan baie vriende hê; meestal ouer mense. Hulle gaan ’n lang, voorspoedige lewe hê.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die volmaan bring goeie omstandighede om met ’n vennoot of in ’n groep te werk. Met hierdie sterre moet jy beslis nie alleen werk nie. Groepwerk gaan ook enige foute help verbloem.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Werkverwante sake gaan diskresie vereis. Dit is selfs ’n goeie idee om op ’n afgeleë plek te werk, waar nuuskierige agies nie kan sien nie en waar mense jou nie kan kritiseer nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag gaan sake glad verloop vir jou, en jy kan iets kry wat jy wou hê. Dit gaan nie groot sake behels nie, maar iets kleins sal gebeur wat jy baie graag wou hê.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Die maan se huidige posisie bring gewoonlik ’n einde, maar nie van iets groots nie, en ’n soort bevordering, wat gewoonlik misleidend kan wees. Die lewe is vol klein eindes.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jou gedagtes dwaal na verafgeleë plekke en jy wonder of jy ooit self daar sal uitkom. Die goeie nuus is, daar is goeie sterre vir reis, maar eers moet jy sake so reël dat jy die wegbreek kan inruim. Maak werk daarvan.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag se sterre het dikwels onverwagte uitgawes tot gevolg. Dit kan ’n jaarlikse uitgawe wees, of iets dringenders. Hoe dit ook al sy, dit is onwelkom. Ongelukkig moet jy opdok.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag se sterre hou gewoonlik verband met iets wat begin. Dit gaan niks groots wees nie, maar dié goedjies gee die lewe geur; iets waarvan jy baie hou.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Op ’n manier duik sake uit die verlede op en moet jy dit hanteer. Ek het al ervaar hierdie sterre bring sake wat ’n mens liewer van wil vergeet. Die aand lyk interessant.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Soms het hierdie sterre ’n oplewing in jou liefdeslewe tot gevolg, maar natuurlik is dit ’n werkdag; jy gaan hierdie sterre dus dalk nie kan benut nie. Dis ’n jammerte, maar ten minste weet jy iemand dink aan jou.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Iets eindig en iets begin. Dis net die regte medisyne; jy gaan ingenome wees hiermee. Jy moet hierdie sterre ten volle benut en almal wys wat belangstel dat jy die meester van jou eie lot is.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Reis is belangrik. Dikwels hou hierdie sterre verband met lang en kort reise. Dit hang hoofsaaklik van jou horoskoop af hoe dit gaan gebeur. Dalk sien jy iemand wat pas ’n lang buitelandse reis onderneem het.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy word omring met goeie sterre, wat goed is vir geldsake en persoonlike besittings. Jy kry heel waarskynlik geld terug wat iemand jou geskuld het.