Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy is al ’n geruime tyd besig om ’n punt te bereik waar ’n konfrontasie nodig is; vanjaar het die regte toestande vir so iets. Vanjaar sal jy ontdekkings oor jouself en die lewe doen.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Met hierdie mens is daar geen versteekte agendas. Daar is geen pretensie en geen wankelmoedigheid nie. Hulle is op die man af en so eerlik soos kan kom. Hulle is oorspronklike denkers en is nie bang om kanse te waag nie. Hulle is gelukkige siele.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Soms is dit nogal belangrik om stil te kyk na wat om jou aangaan en alles uit ’n suiwer praktiese oogpunt te ontleed. Dit hou jou gewoonlik op koers en jy kom met ’n paar sinvolle antwoorde vorendag.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy moet na jou finansiële posisie kyk. Jy het die afgelope ruk meer as gewoonlik bestee en moet iewers ’n perk stel. Nou is die tyd om dit te doen en daarby te hou.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Soos ons die tweede helfte van die week binnegaan, verhoog die tempo gewoonlik, maar dit verhoog nie gewoonlik tot die vlak wat jy vandag ervaar nie. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie; kry hulp en bly by.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is veel om te doen, maar die meeste daarvan moet stilletjies en op die agtergrond gedoen word. As jy te veel daarmee te koop loop, sal jy mense afskrik; dit het jy nie nodig nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Vandag skyn die kosmiese kollig op vriende, vriendskappe en van jou begeertes en wense. In ’n sekere opsig sal vriende of ’n groep vriende iets doen wat jou lewe verbeter. Dit is waarvoor vriende daar is.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Daar is ’n behoefte aan werk of sake, maar jy word op die oomblik deur soveel energie omring dat jy moontlik nie veel harmonie sal ervaar nie. Ten minste handel jy sekere ingewikkelde take af.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Sake lyk redelik goed. Jy sal goed oor die weg kom met mense en hulle sal dit geniet om saam met jou te werk. Al vlieg in jou kosmiese salf is dat iemand ’n geloofsaak sal wil ophaal.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Vandag hou ekstra uitgawes in. Dit kan rekeninge wees, of iets kan breek en geld uit die sak jaag, wat jy regtig nie nodig het nie. Die goeie nuus is, jou maat sal die antwoorde hê.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)

Dit is ’n dag waarop jy met mense moet probeer saamwerk, veral iemand met wie jy op dieselfde golflengte is. Ek sien nie dat jy veel met hierdie samewerking uitrig nie, maar ten minste lyk jou dag aangenaam.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)

Daar gebeur baie om jou, maar daar blyk verbeterde prestige by die werk te wees. Iemand sal jou dade prys en jy sal hulle probeer beïndruk met jou afkeer van glorie, maar ons weet almal van beter.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Mars die aktiveerder is in jou hoek van romanse en dit bring aksie na hierdie deel van jou lewe, maar dit is omtrent al wat dit bring. Jy sal dus teleurgesteld wees as jy gehoop het vir ’n paar teer oomblikke.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Iets eindig. Iemand gaan ontevrede wees hieroor. Al wat jy kan doen, is om dit te aanvaar en enigeen te ignoreer wat ’n martelaar probeer wees.