Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal jy van al die “gemors” in jou lewe ontslae probeer raak. Dit beteken jy gooi materiële items weg en sluit mense uit jou lewe wat jou irriteer.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone het hoë en eerbare ideale. Hulle voel “as jy nie met die klein sake eerlik kan wees nie, kan jy dit ook nie in die groot sake wees nie”. Hulle sal dus nougeset in hul eerlikheid wees. Hulle het ’n uistekende verstand, is vinnig en skerp. Hulle het ook ’n goeie geheue.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die omstandighede is goed vir romanse en plesier. Hoekom sorg jy nie vanaand vir ’n romantiese atmosfeer nie? Daar is ook goeie sterre vir sake wat met godsdiens of godsdiensseremonies te doen het. Vandag is daar ’n nuwe begin.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Die meeste dinge val vandag in plek, maar daar sal ’n haakplek wees wat ’n maat behels of dalk het die maat geld nodig om iets uitsonderlik te koop. Daar is goeie sterre om ander te help. Dis goed vir samesyn.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die sterre laat val die fokus op huweliks- en verhoudingsake. Party Krewe sal vandag besluit om te trou en ander sal hulself verbind. Die goeie nuus is jy het ’n goeie dag vir ’n begin gekies.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het effens slegte sterre vir gesondheid. Dis moeilik om te sê wat dit veroorsaak, maar as ek na jou kaart kyk, dink ek aan wat mense altyd sê: die een wat nooit drink nie is altyd gesond. Dit verwys waarskynlik nie na jou nie, of hoe?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Jou hoek vir liefde en romanse sal ’n sterk atmosfeer vir liefde en geluk meebring. Dit behoort jou dag te maak en sorg vir aangename situasies. Daar is ook goeie sterre vir aktiwiteite saam met kinders.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Dit lyk of daar spanning is. Dikwels bring die sterre wat jy het spanning mee omdat iemand haastige gevolgtrekkings maak. Maak seker van jou feite voor jy iets sê en sê net iets as dit sal help.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Dikwels dui die sterre wat jy vandag het op ou gewoontes en wat jy kan doen om daarvan ontslae te raak. As jy een van die paar mense is wat steeds rook, is daar vandag uitstekende omstandighede om permanent op te hou.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Geldsake is altyd vir die Boogskutter belangrik, maar vandag is dit kritiek. Jy het reëlings getref vir vandag en het alles tot die laaste sent beplan, maar op die een of ander manier loop dit wéér skeef.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Om die een of ander rede is die fokus vandag op jou. Daar sal kennis geneem word van alles wat jy doen en sê, en in party gevalle sal jy daarvoor gekritiseer word. Die boodskap is dus: wees versigtig in alles wat jy doen.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Iemand vra jou ’n guns. Dis niks nuut vir jou nie. Waterdraers doen maklik iets vir ander omdat hulle nie daarvan hou om mense te sien swaarkry nie, maar daar is tye dat jy regtig moet dink voor jy optree.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy is in die middel van ’n diep gesprek. Dis goed omdat idees uitgeruil en gevoelens gedeel word, maar maak seker dis ’n gesprek en nie ’n monoloog nie. Vanaand lyk goed.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Vandag is die omstandighede goed om te presteer. Jy bereik ’n doelwit wat jy vir jou stokperdjie of belangstelling gehad het. Dis die soort dag wat jy sal geniet.