Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het goeie sterre. Dit sal help met geldsake en in die soeke na die ideale werk of beroep. Daar is ook goeie sterre vir jou liefdeslewe en intieme verhoudings in die algemeen. Jy onderteken belangrike dokumente.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mens is op ’n stil, onopvallende manier nogal aantreklik. Hulle sal in die kunste en geesteswetenskappe belangstel. Hulle sal geleerd wees en spesialiseer in die geskrewe of gesproke woord of kommunikasie in die algemeen.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Aan die begin van die week kry jy rekeninge om te betaal – net toe jy jou gelukwens dat jy iets in die bank het. Dis nie ’n goeie begin nie, maar moenie wanhopig raak nie – dinge sal verbeter namate die week vorder.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dis een van daardie dae dat jy baie beter sal vaar in ’n span, of dit nou ’n span van twee of 20 is. Die voordeel is, mense vul die leemtes wanneer jy vashaak; dus sal alles suksesvol verloop.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die sterre dui aan dat jy ’n bietjie olik voel. Wat hulle nie wys nie, is jy voel so weens ’n tikkie Maandagitis of is dit ’n aanval van nywerheidsdiarree? Hoe dit ook al sy, jy sal teensinnig wees om op te staan en aan die gang te kom.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre vir liefde en romanse. Hierdie sterre is nie uitsonderlik nie – ’n middagkuiertjie is dalk ’n stap te ver – maar bring ’n bietjie teerheid en dis altyd welkom. Daar sal nuus van ’n geboorte wees.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Iets eindig en iets begin. Wanneer ek hierdie sterre op ’n Maandag sien, vermoed ek die einde en begin het te doen met ’n werkprojek waarby jy betrokke is. Dit gee jou ’n geleentheid om iets agter te laat.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Dit lyk of jy die grootste deel van die dag aan die rondbeweeg is. Jy het gehoop om op een plek te bly sodat jy die naweek se dinge in rus en vrede kan verwerk, maar dis jou nie beskore nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dis tyd om jou geldsake uit te sorteer. Dis nie transaksies wat groot geld behels nie, dis die geld wat jy vir etes, fooie en ander dag-tot-dag-uitgawes gebruik. Matigheid is belangrik sodat jy jou daaglikse ervarings kan geniet.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Iets nuuts begin vandag. Baie Weegskale begin vandag met ’n nuwe werk, maar die meeste begin bloot met ’n nuwe werkprojek. Dis niks besonders nie, maar dis nogal ’n uitdaging. Gelukkig hou die Weegskaal van ’n uitdaging.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die eerste ding wat jy moet uitsorteer, is iets wat verkeerd loop, en daar is herhaling van die verlede. Jy moet jou inspan om te onthou wat jy voorheen gedoen het om dit suksesvol op te los en dit dan weer doen.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is goeie sterre om saam met vriende en metgeselle te wees en hulle te kontak. Hierdie sterre is nie kragtig genoeg vir wilde partytjies of groot byeenkomste nie, maar jy sal praat met mense wat jou belangstellings deel.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kan vandag bevorder word, maar as dit gebeur, sal dit nie ’n wafferse bevordering wees nie. Moet dus nie in afwagting op verbeterde status ’n nuwe Rolls-Royce bestel nie. Met hierdie sterre gebeur dit meestal dat jy met ’n nuwe projek die besluite neem.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Daar sal gepraat word oor reis en die omstandighede op ver plekke. Dis waarskynlik nie veel meer as praatjies nie, maar dis pret om daaraan te dink hoe jy op die Champs-Élysées in Parys stap of die Trevi-fontein in Rome besoek.