Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal van jou goed uitgewerkte planne misluk. Dis klaar sleg, maar wat erger is, is dat dit op ’n baie openbare manier gebeur. Jy sal dit darem regkry om jou waardigheid te behou en voordeel te trek.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is gelukkige mense wat vriendelik en hartlik is. Hulle is geneig om mense sommer maklik te glo en sal heeltyd in die steek gelaat word. Hulle sal in die openbaar in ’n gunstige lig gestel word.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Vandag word jy die baas en neem jy die besluite. Wel, dis wat jy dink gebeur, maar die misleidende Neptunus is hier betrokke en jy kan dus vreemde omstandighede verwag. Vandag moet jy niks as vanselfsprekend aanvaar nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het weereens goeie sterre vir reis, maar hierdie keer is dit nie net praatjies en ’n dagdromery nie. Daar sal nou iets beslissend gesê word of dalk besoek jy ’n reisagent en tref bepaalde reëlings.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar sal onverwagte uitgawes wees, maar omdat Venus en Jupiter in jou teken is, is dit nie nodig om bekommerd te wees nie. Sake sal mooi uitwerk en ná vandag sal jy op ’n manier in ’n beter situasie wees.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Neptunus die towenaar skyn in jou hoek vir die huwelik en intimiteit. Dis besonder goeie omstandighede vir alle soorte intimiteit. Kyk dus of jy kan reël om tyd af te hê sodat jy ’n lang middagete en kuiertjie in die namiddag kan geniet.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Soms dui die sterre wat jy vandag het daarop dat iemand met siekverlof is. Dit sal gebeur omdat Neptunus in jou hoek vir werk is. Die siek persoon is dalk nie regtig so siek nie. Dit sal nie jou werkdag makliker maak nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Neptunus die towenaar word geaktiveer in jou hoek vir liefde en romanse en bring die regte omstandighede mee vir passievolle oomblikke. Ongelukkig sal nie alle Skerpioene hierdie omstandighede heeltemal kan benut nie.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Iets eindig of jy dink minstens dit het geëindig, maar hierdie indruk word deur die misleidende Neptunus veroorsaak. Dus kan dit wys wees om alles te kontroleer en dan nog ’n keer seker te maak.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Jy kry nuus en aanvaar dis reg, maar omdat Neptunus in jou hoek vir die verstand geaktiveer is, is dit dalk wys om nie op die nuus te reageer nie. Vandag is daar goeie omstandighede vir sake wat met kortafstandreise te doen het.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis nodig om versigtig met geld te wees. Iemand gaan roekeloos met die waarheid om en as jy aanvaar hulle is eerlik, sal jy benadeel word. Moenie waardevolle besittings op plekke laat waar hulle gesteel kan word nie.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Dit lyk of daar groot verwarring om jou heers. Dis nie so sleg dat jy geld sal verloor nie, maar dis sleg genoeg dat jy geïrriteerd met jouself en van die mense om jou is, maar meestal met jouself.

RAM (March 21 to April 20)

Dit lyk of jy vandag oral verwarring veroorsaak. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie, behalwe om kalm te bly en voort te gaan. Die probleme vandag sal grootliks die gevolg wees van ’n gebrek aan organisasie en jy weet wat die rede daarvoor is.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar is goeie sterre om vriende en kollegas te ontmoet vir ’n koppie koffie of iets sterkers, sou jy wou. Die moeilikheid is daar sal vandag uitsprake wees wat nie heeltemal waar is nie. Wees dus versigtig.