JOU DAG

Die sterre is goed vir entoesiasme, onafhanklikheid en kreatiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is kreatief en bekwaam, maar jy kan soms te veel op jouself ingestel wees. Die volgende 12 maande is dit tyd om dinge met ander te deel. Span jou talente in vir groepsaktiwiteite en gemeenskapsgebeure.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dit hou voordeel in om vandag jou vurige energie in persoonlike projekte te kanaliseer. Moenie ander ontstel deur jou gewig rond te gooi en te roekeloos, baasspelerig of onvoorspelbaar te wees nie.

BUL (21 Apr.-21 Mei)

Dis ’n wonderlike tyd om saam met vriende en familie te kuier en aan lewendige, stimulerende gesprekke deel te neem terwyl Mercurius by die son en Mars in jou kommunikasiesone aansluit.

TWEELING (22 Mei-21 Jun.)

Mercurius, jou heersende planeet, is nou in jou geldsone. Dit is dus ’n wonderlike tyd om jou geletterdheid in geldsake te verbeter deur studie of die mentorskap van iemand wat slim met geld werk.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Mercurius is in jou teken tot 23 Julie. Jy sal meer rasioneel en minder subjektief as gewoonlik wees. Dit is dus ’n fantastiese tyd om vir ’n kursus in te skryf of ’n studieprojek te voltooi.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Magstryde is ’n moontlikheid vir party Leeus tensy jy ’n geliefde kan toelaat om die beheer te neem. Hoe meer jy jou idees op ander probeer afdwing, hoe groter is die kans dat hulle hulle aan jou sal onttrek.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Die sterre gee vandag jou intuïsie en kreatiwiteit ’n hupstoot. Dit is dus ’n uitstekende tyd om kreatiewe inspirasie te kry en om jou gedagtes en gevoelens op ander in te stel.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jou verhoudings is soos ’n spieël. As jy gespanne en misverstaan is, sal dit ook wees wat jy van jou geliefdes kry. Doen selfondersoek om die antwoorde te kry waarna jy soek.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Jy is in die bui vir gesprekke met familie, vriende of kollegas oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe. As jy jou sarkastiese kant kan beheer, sal dit ’n heerlike dag wees.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-21 Des.)

Die sterre glimlag vandag vir jou! Jy kan verwag om uit die bloute ’n goeie geleentheid te kry. Maar jy moet proaktief wees en dit benut wanneer dit kom anders sal dit jou verbygaan.

STEENBOK (22 Des.-20 Jan.)

Mercurius beweeg nou deur jou verhoudingsone en dit is dus tyd om met jou geliefdes en dierbares te praat – régtig te praat – terwyl jy daaraan werk om die kommunikasie tussen julle te verbeter.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Die pas van jou daaglikse lewe vesnel en jy balanseer ’n verskeidenheid aktiwiteite. Ongelukke kan makliker as gewoonlik gebeur. Pak take dus kalm aan, veral wanneer jy ’n voertuig bestuur.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Jou kreatiwiteit en intuïsie is vandag op ’n hoogtepunt. As jou innerlike stemmetjie vir jou sê iets of iemand is nie eg nie, neem dit ter harte.