Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Dit beloof om ’n produktiewe jaar te wees. Jy doen goed wat jy nie gewoonlik doen nie en behaal sukses op gebiede waar jy voorheen gefaal het. Wees verstandig, dieet en doen gesonde oefening.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is ware vegters. Hulle weet wat hulle doen, maar kom op die een of ander manier nie geloofwaardig voor nie. Hulle is nogal dromers en saggeaarde, aangename mense wat lank en hard werk om volmaaktheid te bereik.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Daar is die een of ander soort lekplek, moontlik by jou huis. As dit ’n lekkende kraan of lugverkoeler is, kry ’n kundige om dit reg te maak, want jy het swak sterre om toestelle reg te maak.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

As jy vandag inkopies doen terwyl dit op jou prioriteitslys is, moet jy jou geld tel voor jy groot bedrae uithaal. Kyk ’n bietjie rond vir waarde vir geld.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Sommige mense sal sê Visse wat deur Neptunus oorheers word, is altyd in ’n mate afwesig, maar dis onwaar. Vandag kan jy verward voel en mense kan vir jou sê jy moet wakker skrik. Dit sal nie maklik wees nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Iemand grawe ou koeie uit die sloot, maar het die kat aan die stert beet. Die vraag is: Sal jy hulle reghelp en ’n ophef maak van iets wat nie ’n kwessie is nie of sal jy dit laat gaan en hoop niemand sien dit raak nie?

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jy wens vir iets en met die sterre wat jy het, kan jou wens waar word. Onthou, wees versigtig waarvoor jy wens, want dit kan dalk waar word. Dis ’n goeie namiddag.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Soms sal die sterre wat jy nou het, daartoe lei dat jy bevordering tot ’n gesagsposisie kry. Wees versigtig. Die sterre wat hierdie bevordering bring, is misleidend. Dit is dalk nie ’n ware bevordering nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Jy het goeie sterre vir reis. Dit is waarskynlik ’n reis op water en omdat jy ’n waterteken is, sal jy seker baie van so ’n reis hou. Hierdie reis op water sal vir sommiges ’n werklikheid word, maar die meeste sal maar net van reis bly droom.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Daar sal ’n rekening wees en jy betaal dit. Kyk goed na die rekening voor jy jou hand in jou sak steek. As dit nie met ’n rekenaar opgetel is nie, kyk of die bedrag reg bereken is. Maak seker jy het alles gekry waarvoor jy betaal.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy het baie goeie sterre om saam met jou eggenoot of maat te wees. Hierdie sterre kan magiese oomblikke meebring, maar jy moet jou verbeelding vrye teuels gee en nie daarop aandring dat mense prakties is nie. Jy kan dinge romanties probeer maak.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Daar kan ’n gesondheidsprobleem wees, maar dit sal meestal net in jou gedagtes wees. Jy is nie geneig om jou dinge te verbeel nie, maar dit hou jou gedagtes baie besig en gewoonlik is dit vir Weegskale moeilik om so iets te laat gaan.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Die betowerende Neptunus in jou hoek vir liefde en romanse sal romantiese omstandighede bring. Dit is net wat die Skerpioen in jou nodig het. Bestee tyd saam met die spesiale persoon in jou lewe terwyl hierdie omstandighede heers. Liefde in die namiddag is magies.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Daar is al weer die een of ander lekplek by die huis. Dit kan enige soort lekkasie wees. Mense wat weet wat hulle doen, moet dringend daaraan aandag gee. Moenie met ’n aangesteekte vuurhoutjie na ’n gaslekkasie soek nie.