Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jy het vanjaar uitsonderlike sterre. Jou skip kom in. Sommiges sal op dié verjaardag aansienlik wen in loterye of trekkings. Vul dus gereeld loterykaartjies in. Daar wag heelwat gelukkige tye.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie mense is baie skerp, maar vertrou veels te maklik. Hulle is oordrewe vrygewig en simpatiek teenoor almal in die moeilikheid. Hulle het hoë en eerbare ideale en sal dit ook van ander verwag. Hulle stel belang in fisika of wetenskap.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Dis die begin van ’n nuwe week en jy wonder waarheen dié jaar jou sal neem. Die goeie nuus is vanjaar se dinge begin vandag met geleenthede om wyd te reis.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag kry jy rekeninge wat jy nie wil hê nie. Dit lyk of die rekeninge met die staat of minstens ’n staats- of semistaatsdepartement te make het. Jy kan nie teen die stelsel baklei nie; betaal is die wet van Transvaal.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dis ’n goeie dag om in ’n vennootskap of groep met gedeelde doelwitte te werk. Dis nie dat jy nie die werk kan doen nie, maar soms is dit belangrik om steun te hê en dis so ’n tyd. Daar is ook goeie sterre vir persoonlike verhoudings.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Die kans is goed dat jy vandag ’n bietjie olik voel. Jy voel waarskynlik nie so sleg dat jy siekteverlof neem nie, maar sleg genoeg dat jy wens jy was tuis in die bed of besig om die middagfliek te kyk.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Daar is goeie sterre vir die liefde en romanse. Dis moontlik nie goed genoeg dat jy vanmiddag tyd af sal geniet nie, maar dis goed genoeg dat jy die liefde en toegeneentheid wat na jou kant toe kom, sal voel. Jy kry ook goeie nuus van ’n familielid.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Dis die begin van ’n nuwe week en die einde van iets. Gewoonlik dui vandag se sterre op ’n bevordering of minstens dat jy na ’n ander, beter werk geskuif word. Sake lyk tans baie goed – geniet dit.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Vandag is reissake op die voorgrond. Dis hoofsaaklik probleme met tyd en tydsberekening. Jy moet op sekere tye op verskillende plekke wees, maar om die aankomstye en vertrektye reg te kry, sal nie maklik wees nie, selfs vir die Leeu.

MAAGD (24 Aug.-23 Sept.)

Jy moet kyk wat in jou geldsake aangaan. Daar is aanduidings dat jy teen die einde van die week ’n tekort sal hê of jy sal minstens sukkel om jou uitgawes te betaal en het net ’n paar rand oor in jou sak. Stel dus ’n begroting op.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Dis die begin van ’n nuwe week en ’n nuwe projek. Dit het met werk of ’n element van werk te doen en dit sal jou ’n groot deel van dié jaar raak. Dis tyd om te kyk en leer, en nie maklik haastig te raak nie.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag bring omstandighede uit die verlede. Dis dalk nie werklik uit die verlede nie, maar is soortgelyk aan gebeurtenisse in die verlede. Die goeie ding is jy het hierdie dinge laas uitgesorteer en kan dit weer doen.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jy het goeie sterre om saam met vriende of naby vennote te wees. Dit beteken waarskynlik jy sal saamwerk met iemand of ’n groep van wie jy hou. Jy sal die sosialisering geniet terwyl jy die werk doen wat jy kry.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Ek is versigtig om te sê jy sal bevorder word, maar dit lyk wel of jy die besluite oor ’n projek neem. Dalk kry jy ’n klein bevordering wat verval wanneer jy vanaand huis toe gaan. Ten minste skyn jou ster vir ’n rukkie.