Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Vanjaar sal daar voorvalle wees wanneer jou verlede jou inhaal. Dit sal ’n verleentheid wees, maar dis al. Dit is ’n jaar waarin jy alles volgens die reëls moet doen. Benader almal versigtig tot hulle bewys het hulle is eerlik.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persoon sal die lewe met baie veranderinge begin en dit sal hulle nog lank raak. Hulle is geneig om ’n bietjie te impulsief vir hul eie beswil te wees. Hulle is onafhanklik en gretig. Die teenoorgestelde geslag bring moeilikheid.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Jou sterre vir vandag bring ’n aangename verrassing. Dis nie iets wat jou in die strate sal laat dans nie, maar een of twee dinge sal vir jou uitwerk, al het jy gedink dit gaan skeefloop soos so baie dinge onlangs.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iets eindig. Dit is iets kleins; dus sal dit nie sommer jou roetine omvêrgooi nie. Jy sal wel ’n paar aanpassings moet maak. Dit is iets wat jy nie wou doen nie; in elk geval nie nou nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy kry nuus, moontlik van of oor ’n familielid. Dit raak jou nie juis nie, want jy het dit moontlik verwag en is daarop voorbereid. Daar kan ’n paar kort reise wees wat jy nie voorsien het nie, maar dit pla jou nie.

VIS (20 Feb-20 Mrt.)

Jou geldsake verbeter. Dit is goed, veral wanneer jy dink aan watter tyd van die jaar dit is en die uitgawes wat jy tot nou moes dek. Ek dink nie jou geldsake sal baie beter lyk nie, maar enige verbetering is ’n ligpunt.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Jy begin rondkyk en voel keelvol. Jy besef dinge is nog net soos altyd en is op soek na verandering. Jy wil veral ’n uitdaging hê, maar die afgelope tyd was daar maar min wat jou verstand en energie uitgedaag het.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Iets uit jou verlede veroorsaak nou probleme. Die sterre wat dit bring, is flou. Dus sal dit jou net effens raak. Jy sien nou wat gebeur het en besluit om dit nie weer toe te laat nie.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Iets gebeur waarvoor jy gehoop het. Jy het nie gedink dit sal regtig gebeur nie en is verras. Dit is nie juis van belang nie en sal nie jou roetine verander nie. Dit sal nie ekstra geld inbring nie, maar sal jou goed laat voel.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Die sterre wat jy vandag het, bring soms ’n bevordering, maar ek dink nie die sterre is sterk genoeg nie. Wat kan gebeur, is dat iemand jou hulp vra met iets wat vir hulle ’n raaisel is.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Jy het goeie sterre vir klein winste. Hierdie sterre kan jou met ’n klein wen verras. Wees versigting, want glo my, dis klein. Moenie nou iets groots najaag nie, want jy sal dit nie kry nie.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Wanneer jy bestuur, moenie voet in die hoek sit nie en wanneer jy parkeer, doen dit wettig. Die sterre vir vandag wys uitgawes by ’n regeringsdepartement of dalk ’n groot maatskappy. Dis ’n dag waarop jy jou kredietkaarte by die huis moet los.

WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)

Die sterre is goed vir intieme verhoudings. Soms lei hierdie sterre tot vermaak in die namiddag, maar dit gebeur nie gereeld nie. Omdat dit so naby aan Kersfees is, sal iemand dalk iets wil gee.

SKERPIOEN (24 OKt.-22 Nov.)

Dit is ’n bietjie laat in die jaar om ander werk te doen as dit wat jy die grootste deel van die jaar gedoen het, maar dit is tans die posisie van die sterre. Miskien kan jy dit volgende jaar verwag.