Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Wanneer Jupiter en Uranus prominent in jou jaarlikse horoskoop is, soos vanjaar, is dit waarskynlik dat jy beduidend sal wen. Jy behoort regtig gereeld loterykaartjies te koop. Dis ’n jaar waarin jy vooruitgaan.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Hierdie persone is ferm, ondernemend en volg ’n wetenskaplike benadering. Hulle sal goeie vriende vir ander wees en goeie vriende om hulle vergader. Hulle het ’n goeie verbeelding en is baie intuïtief. Hulle het goeie sterre vir geestelike en fisieke gesondheid. Hulle is gelukkige mense.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Dit lyk of vandag se steromstandighede die fokus plaas op sake wat met reis te doen het en die mense of toestande op ver plekke. Dalk is jy een van die vele Ramme wat binnekort ’n reis wil onderneem. Nou is ’n goeie tyd om besprekings te maak.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Daar sal uitgawes wees wat jy min of meer verwag, maar soos ons almal hoop jy dit kom nie. Jammer om te sê, maar dis onvermydelik. Dit lyk asof jy maar jou hand in jou sak sal moet steek en betaal.

TWEELING (21 Mei-21 Jun.)

Dis een van daardie dae dat jy baie beter en doeltreffend is as jy dit kan regkry om saam met ’n kollega of selfs ’n groep te werk. So is dit minder waarskynlik dat jy belangrike, klein dingetjies sal miskyk.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Vandag is die fokus op werk. Gewoonlik bring die sterre wat jy nou het nuwe en ander omstandighede vir werk en die gevolg is dat die werk anders en meer kompleks is. Gelukkig het jy die stamina vir sulke uitdagings.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Met die maan in jou vyfde hoek moet daar goeie sterre vir liefde en romanse wees. Dis aangenaam en behoort die koning van die katte te pas, maar die vraag is: Sal jy ’n kuiertjie vir vanmiddag kan reël?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Dit lyk of iets wat ’n ruk gelede begin het, eindig. Dit het waarskynlik te doen met ’n soort toestel wat uitgedien is. Dis goed, want jy sien uit na iets nuuts en modern.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Jy hardloop vandag baie rond. Dit sal meestal met familielede te doen hê. Dalk probeer jy om ’n geskenk te koop vir iemand wat verjaar en moet jy omtrent soek om die regte een te kry.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Kontroleer jou bankbalans en maak seker jy het genoeg geld vir die hoë bokoste. Maak ook seker jy het genoeg geld vir al die verwagte uitgawes die komende naweek.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

Vandag is daar ’n begin. Dis nie juis ’n groot kwessie nie, maar jy sien dit raak omdat dit beteken jy moet dit waaraan jy werk en waarmee jy nog nie klaar is nie eers opsyskuif. Dis frustrerend, nè?

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Iemand maak ’n punt daarvan om ou koeie uit die sloot te grawe. Is dit nie vreemd dat die mense wat die verlede oopkrap altyd fokus op dit wat jy verkeerd gedoen het of die dinge wat jou dom laat lyk nie? Mense is maar so.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Jy het goeie sterre om tyd saam met vriende en naby kollegas deur te bring. Hierdie sterre sal niks skouspelagtig vir jou inhou nie, maar jy sal veilig en welkom voel by die mense by wie jy is. Jy sal na verwagting vandag heel gelukkig wees.

VIS (20 Feb.-20 Mrt.)

Vandag kry jou ego en aansien ’n hupstoot. Vir ’n verandering begin sake verloop soos jy dit wil hê en sekere mense is beïndruk. Die belangrike een om te beïndruk is jy, maar jy is nie eintlik nie.