JOU DAG

Wees versigtig, want jou emosies is vandag intens en ongedurig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande moet jy jouself minder ernstig opneem. Dis belangrik om goed te presteer by die werk, maar dis ewe belangrik om te rus en pret te hê.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is vandag baie entoesiasties en passievol oor ’n gesinskwessie of ’n opwindende gesamentlike onderneming. Moenie oorhaastig tot gevolgtrekkings kom en dan die verkeerde inligting oordra nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Is jy onseker oor die rigting wat jy in die nabye toekoms moet inslaan? Skenk aandag aan jou drome snags. Hulle is vol betekenisvolle simbole wat jou in die regte rigting sal lei.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Iemand sal jou dalk probeer oortuig jy moet iets koop wat jy nie regtig nodig het nie. Vermy impulsiewe geldbesluite. Bestee genoeg tyd om die saak behoorlik te deurdink.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met Uranus wat deur jou sone vir openbare reputasie beweeg, is jou motto tans die woorde van Mohandas Gandhi: “Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien.”

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd om te maak soos jy sê – steun jou wonderlike idees met heelwat produktiewe optrede. Streef daarna om geduldig en deernisvol jeens ’n gespanne gesinslid te wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep

Wees versigtig om nie te koppig in ’n groepsituasie te wees nie. Jy sien dalk nie die geheelbeeld nie. Moet dus nie aanneem jy het al die inligting nie. Streef daarna om meer buigsaam te wees.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy is vandag vrygewig met jou tyd en help ander om goeie dade te verrig. Maar ken jy die verskil tussen ’n lekker dagdroom en ’n onpraktiese fantasie?

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dis die ideale dag om jou gewone roetine oorboord te gooi, veral by die werk. Gesondheidskwessis is in die kollig en jy versorg jou liggaam. Is jy op datum met jou besoeke aan die dokter en tandarts?

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Verhoudings met kinders, tieners en vriende sal lewendig en onvoorspelbaar wees. Wees avontuurlustig oor ’n opwindende professionele projek en hou jou opsies oop.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou emosises wissel. Verwag dus die onverwagte! Moenie jouself te hard druk nie en moenie ’n sensitiewe geliefde vyandig maak nie. Bly koelkop en verstandig.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Sukkel jy met ’n brose familielid? Jy moet ’n heeltemal ander benadering volg. Verras hulle deur die teenoorgestelde te doen van wat hulle verwag.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Was jou geldelike situasie die afgelope tyd baie wisselvallig? Geen geld wanneer jy dit nodig het nie en dan duik kontant op wanneer jy dit die minste verwag? As jy ’n tweede inkomstestroom ontwikkel, sal jy veiliger voel.