Sterre met Arthur Bowman

VERJAARDAGVERSLAG:

Jou sterre vir die komende jaar lyk goed. Jy gaan ver vorder en baie bereik, maar net met harde werk. Jou sterre dui ook op iets anders; let op bedrog of misleiding.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:

Dié babas het ’n uitstekende verbeelding, wat hulle baie kreatief kan maak. Hulle gaan aktief, aantreklik en energiek wees en ’n groot groep goeie, lojale vriende hê. Hulle kan uitblink in sport.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)

Neptunus is aktief in jou kaart en dit bring vreemde omstandighede mee. Dit hou meestal verband met jou verhoudings, intiem sowel as vriendskaplik. Jy sal geneig wees om eienskappe aan mense toe te skryf wat hulle nie het nie.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)

Neptunus is aktief in jou hoek vir gesondheid en dit kan die een of ander soort infeksie bring. Dit is dalk ’n seer wat gesweer het of dalk het iemand jou met hul verkoue aangesteek.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)

Vandag is Neptunus die dromer in jou hoek vir die liefde en romanse geaktiveer. Dit is ’n goeie posisie vir Neptunus, want dit bring lekker fantasieë, al geniet ons dit meer in die werklikheid.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)

’n Probleem wat die uitgesproke Boogskutter ervaar, is dat hulle goed sê wat hulle onmiddellik berou. Dit gebeur dikwels wanneer die sterre lyk soos vandag; sit ’n wag voor jou mond.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)

Al is dit Maandag, lyk jou sterre goed vir sosiaal verkeer, veral met familielede of bure. Luister fyn; dalk hoor jy interessante en behulpsame skindernuus; nie dat jy ’n geskinder duld nie.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)

Gaan versigtig met jou geld te werk. Jou huidige sterre dui dikwels aan dat jy iets teen ’n hoë prys koop. Wees versigtig wanneer jy ou goedere aanskaf dat jy nie ’n gat in die sak koop nie.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)

Jy is verward. Dit is deels omdat dit die eerste dag van die werkweek is en deels omdat Neptunus in jou teken geaktiveer is. Moenie bindende kontrakte teken nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)

Its uit die verlede duik op. Gewoonlik is dit nie ’n probleem nie, maar die misleidende Neptunus is betrokke; iemand se woorde gaan ’n misleidende element hê.

BUL (21 Apr.-20 Mei)

Jou sterre dui aan dat jy ’n koppie koffie (of iets sterkers as jy verkies) saam met vriende of kollegas sal geniet. Met jou sterre moet jy luister na leidrade wat probleme kan oplos.

TWEELING (21 Mei.-21 Jun.)

Jou sterre vir vandag lyk goed. In uitsonderlike gevalle lei dit tot ’n bevordering, maar meestal dui dit net op lof van hooggeplaastes. Jy gaan nou wel nie ’n optog deur die strate kry nie, maar jy gaan goed vaar.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)

Daar is weer ’n langafstandreis op die agenda. Jy is ’n waterteken; dus verkies jy ’n lang, rustige bootrit. Dit klink romanties.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)

Iemand kan jou betrek by ’n bespreking oor geloof, of nog erger, die politiek. Jy weet goed om nie by sulke gesprekke betrokke te raak nie, maar vandag is jou gedagtes elders en sal jy onverhoeds betrap word.